Borg­to­gaan­soek uit­ge­stel

Oudtshoorn Courant - - NEWS - LIEZL VAN NIE­KERK

Die werk­ne­mer van Ba­den­horst Slag­huis, F­ritz Ja­cobs (29), wat ver­le­de Woens­dag met die werk se geld en bak­kie ver­dwyn het en sy vrien­din Tam­my Wey­ers (Mar­tin) het Vry­dag­og­gend in die land­dros­hof op Oudts­hoorn ver­skyn.

Hul­le word van dief­stal en die ge­bruik van 'n voer­tuig son­der die ei­e­naar se toe­stem­ming aan­ge­kla. Hul­le is ver­le­de Don­der­dag­og­gend in Knys­na in heg­te­nis ge­neem.

Wey­ers (27) en Ja­cobs het aan­ge­dui dat hul­le werk­loos is en om regs­hulp wil aan­soek doen. Die saak is na van­dag vir 'n borg­tog­pro­fiel uit­ge­stel.

Ja­cobs was die af­ge­lo­pe vier maan­de as ge­sond­heids- en vei­lig­heids­be­stuur­der in diens van Ba­den­horst Slag­huis. Vol­gens die me­de-ei­e­naar van die slag­huis, Ben­nie By­le­veld, was Ja­cobs on­der an­de­re ver­ant­woor­de­lik daar­voor om geld te gaan bank en het hy dit ge­reeld ge­doen.

"Hy sou ou­der­ge­woon­te Woens­dag­og­gend die geld gaan bank het. On­der nor­ma­le om­stan­dig­he­de bel hy en sê my as hy by die een bank klaar is en op pad is na die vol­gen­de een. Hy het my gis­ter nie ge­bel nie en ek het toe die ban­ke ge­bel. Toe ek ag­ter­kom dat hy nog nie by die ban­ke was nie het ek da­de­lik on­raad ver­moed."

Die bak­kie en die geld is ook ge­vind. Dit is eg­ter nog nie dui­de­lik of die he­le be­drag te­rug­ge­vind is nie.

F­ritz Ja­cobs en Tam­my Wey­ers (Mar­tin)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.