Wa­ter be­stem vir Oudts­hoorn

Oudtshoorn Courant - - NEWS - LIEZL VAN NIE­KERK

Mi­nis­ter An­ton B­re­dell, mi­nis­ter van plaaslike re­ge­ring, het ver­le­de week aan­ge­dui dat on­ge­veer 'n mil­joen li­ter wa­ter na Oudts­hoorn ge­bring sal word om die swem-ga­las in die dorp te hou. Dit sluit na be­we­ring ook drink­wa­ter vir die ge­meen­skap in.

B­re­dell het ver­le­de week, ty­dens 'n me­dia kon­fe­ren­sie by die Kan­go-grot­te, ge­sê ge­leent­he­de soos die swem-ga­las is 'n fi­nan­si­ë­le in­spui­ting vir die dorp.

Die Oudts­hoorn Cou­rant het in­tus­sen ver­neem dat dit moont­lik meer as 'n mil­joen li­ter wa­ter gaan wees.

Na aan­lei­ding van die mu­ni­si­pa­li­teit se plei­dooie om wa­ter te be­spaar het die Oudts­hoorn Cou­rant die week 'n na­vraag aan die mu­ni­si­pa­le be­stuur, Al­len Paul­se, so­wel as B­re­dell se kan­toor ge­stuur om te vra hoe wa­ter­be­spa­rings­maat­re­ëls gaan werk met die toe­na­me in gas­te ty­dens sport­ge­leent­he­de en va­kan­sies. Daar is ook aan bei­de par­tye ge­vra hoe die drink­wa­ter wat in bot­tels gaan kom in die ge­meen­skap ver­sprei gaan word.

Paul­se se kan­toor het on­der­neem om van­dag ant­woor­de te ver­skaf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.