Be­we­rings van ver­krag­ting teen past.

Oudtshoorn Courant - - VOORBLAD -

‘n Pas­toor van ‘n ge­meen­te op Oudts­hoorn is Dins­dag by sy huis in Wes­bank in heg­te­nis ge­neem op klag­tes van ver­krag­ting en on­se­de­li­ke aan­ran­ding van ‘n min­der­ja­ri­ge. Die man se i­den­ti­teit is aan die Oudts­hoorn

Cou­rant be­kend, maar mag eers be­kend ge­maak word na­dat hy in die hof ge­pleit het. Hy het reeds in die hof ver­skyn en ver­skyn weer Maan­dag 15 Oktober vir ‘n borg­to­gaan­soek.

Die 58-ja­ri­ge man staan te­reg op vyf klag­tes, twee van ver­krag­ting en drie van on­se­de­li­ke aan­ran­ding. Vol­gens die klag­staat het een van die be­weer­de voor­val­le by die kerk plaas­ge­vind. Die voor­val­le het na be­we­ring in 2003 plaas­ge­vind toe die klaag­ster 13 jaar oud was.

Die Oudts­hoorn Cou­rant het ver­trou­lik ver­neem dat die po­li­sie in­lig­ting ont­vang het dat die man vuur­wa­pens in sy tuin be­gra­we het en dat daar op sy per­soon­li­ke- en werks­re­ke­naars be­slag ge­lê is.

In­lig­ting dat daar moont­lik nog klag­tes kan volg kon gis­ter nog nie deur die po­li­sie be­ves­tig word nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.