Ses be­seer in bot­sing

Oudtshoorn Courant - - NEWS - LIEZL VAN NIE­KERK

Die Oudts­hoorn-po­li­sie on­der­soek ‘n klag van roe­ke­lo­se en na­la­ti­ge be­stuur na ‘n bot­sing Maan­dag­og­gend tus­sen ‘n po­li­sie­vang­wa en ‘n Volks­wa­gen Po­lo.

Vol­gens sers. G­re­t­chen Mi­che­als, woord­voer­der van die Oudts­hoorn-po­li­sie, het die on­ge­luk OM 07:45 by die krui­sing van Voor­trek­ker­weg en St. Ge­or­ges­straat ge­beur.

Daar was al­te­saam ses per­so­ne en twee honde in die on­ge­luk be­trok­ke. Twee po­li­sie­be­amp­tes, twee man­li­ke aan­ge­hou­de­nes en die twee po­li­sie­hon­de was in die vang­wa en ‘n man en vrou in die VW Po­lo.

Met die aan­koms van die Oudts­hoorn Cou­rant op die to­neel het die vang­wa op sy dak in St. Ge­or­ges­straat ge­lê en was pa­ra­me­di­ci reeds be­sig om twee mans wat ag­ter in die vang­wa was te be­han­del. Hul­le is al­twee vir nek- en rug­be­se­rings be­han­del en dit blyk dat die een man sy been in die on­ge­luk be­seer het.

Dit is on­be­kend wat die aard van die po­li­sie­be­amp­tes se be­se­rings is. Die twee honde, ‘n Al­sa­ti­an en ‘n Rott­wei­ler, is na ‘n plaas­li­ke vee­arts ge­neem. Na wat ver­neem word, het hul­le geen erns­ti­ge be­se­rings nie en is hul­le vir skok en kneus­plek­ke be­han­del.

Jur­gen Ca­pel­le, die in­sit­ten­de van die VW Po­lo het op die to­neel ge­sê hy en sy vrien­din het in Voor­trek­ker­weg in De Rust se rig­ting ge­ry toe die on­ge­luk ge­beur het.

“Die vang­wa het van B­ridg­ton se kant af ge­kom en reg voor ons by St. Ge­or­ges­straat in­ge­draai. Die voer­tuie het ge­bots en die bak­kie het op sy dak te lan­de ge­kom.”

Ca­pel­le het die week op sy Fa­ce­book­blad ge­sê dat hul­le ge­luk­kig is dat hy en sy vrien­din nie erns­tig seer­ge­kry het nie. Hy het sy voet in die on­ge­luk ge­breek en kneus­plek­ke aan sy lyf op­ge­doen.

Fo­to’s: Liezl van Nie­kerk

Die VW Po­lo waar­in Jur­gen Cap­pel­le en sy vrien­din in die on­ge­luk was.

Die po­li­sie­vang­wa het op sy dak te lan­de ge­kom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.