Baie dan­kie vir hulp

Oudtshoorn Courant - - NEWS -

Hiermee wil ek, Nico Re­de­ling­huys en my broer Wer­ner net baie dan­kie sê vir Oudts­hoorn se ACVV en ver­al vir Elai­ne F­re­de­licks vir hul­le hulp die af­ge­lo­pe twee we­ke. Weens om­stan­dig­he­de het ek en Wer­ner net met die kle­re wat ons aan het in Oudts­hoorn op straat be­land. Die men­se wat ons ge­help het, het ge­sorg dat ons ty­de­li­ke slaap­plek kry, el­ke dag iets kon eet en ons van ‘n he­le tas met kle­re voor­sien. Hul­le het ons ook toe­ge­laat om sel­foon­op­roe­pe te maak na men­se na wie ons op pad was. Dan­kie ook vir Je­an S­mith van Black Se­cu­ri­ty wat ons bygestaan het. Ons is op­reg dank­baar dat ons nie som­mer soos twee be­de­laars be­han­del is nie, maar dat men­se reg­tig vir ons om­ge­gee het. Ons is nou in ‘n si­tu­a­sie waar ons weer die pad kan aan­pak en dit is net as ge­volg van jul­le hulp en on­der­steu­ning.

Baie dan­kie, daar is min men­se wat ons be­han­del soos wat jul­le ons be­han­del het.

Nico en Wer­ner Re­de­ling­huys

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.