Dui­sen­de at­le­te in Mei­rings­poort

Oudtshoorn Courant - - SPORT -

Meer as drie­dui­send at­le­te gaan Sa­ter­dag aan die Mei­rings­poort 21,1km en 12,5km wed­lo­pe deel­neem. Die ge­wil­de half­ma­ra­thon en 12,5km wed­loop word Sa­ter­dag vir die 26ste keer aan­ge­bied. At­le­te en on­der­steu­ners stroom reeds van­dag na die dorp toe. Re­gis­tra­sie van at­le­te vind van­dag vanf 11:00 tot 21:00 plaas. Daar sal ook mô­re-og­gend tus­sen 04:30 en 05:30 ge­leent­heid wees vir re­gis­tra­sie. Soos by al die vo­ri­ge wed­lo­pe word at­le­te met vrag­mo­tors na die twee weg­spring­plek­ke ge­neem. On­ge­veer 2 000 at­le­te het vir die 21,1km half­ma­ra­thon in­ge­skryf en on­ge­veer 1000 vir die 12,5km wed­loop. Deel­ne­mers word daar­aan her­in­ner dat daar pad­wer­ke tus­sen Oudts­hoorn en De Rust is wat reis­tyd met on­ge­veer 'n half­uur kan ver­leng. Vry­dag en Sa­ter­dag word die jaar­lik­se fees­ba­saar ook by die NG Kerk aan­ge­bied, waar ver­ver­sings en ver­maak be­skik­baar sal wees.

Vir na­vrae oor die wed­lo­pe ska­kel An­ne­rie by 084 403 3400 en Mar­tie kan by 082 421 3113 ge­ska­kel word vir in­lig­ting

Fo­to: Han­nes Visser

At­le­te spring weg op die 12,5km roe­te ty­dens ‘n vo­ri­ge wed­loop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.