Raads­lid ver­dui­de­lik lei­wa­ter­kwes­sie

Oudtshoorn Courant - - NUUS - LIEZL VAN NIEKERK

Na aan­lei­ding van ver­skeie na­vrae oor lei­wa­ter het raads­lid Jo­han Fou­rie, voor­sit­ter van teg­nie­se diens­te, die week ver­dui­de­lik dat lei­wa­ter nie luk­raak aan die dorp toe­ge­dien word nie.

Vol­gens Fou­rie was die wa­ter wat die af­ge­lo­pe na­week in lei­wa­ter­vo­re ge­loop het, wa­ter wat nie in die Rau­ben­hei­mer­dam op­ge­vang word nie en kom dit van die Swart­ber­ge af uit die om­ge­wing van De Hoek en De Kom­buys.

Vol­gens hom het net som­mi­ge huis­ei­e­naars in die dorp ser­wi­tuutreg­te en lei­wa­ter­vo­re.

“Vroe­ër ja­re was Oudts­hoorn een groot plaas en het die vo­re deur die plaas ge­loop. Die dor­pe is met­ter­tyd in er­we ver­deel wat ver­oor­saak dat net se­ke­re er­we vo­re het vir lei­wa­ter.”

Lei­wa­ter word eg­ter net toe­ge­dien as die Rau­ben­hei­mer­dam bo 64% is.

“As die dam tus­sen 30 en 64%, soos dit tans is, be­sluit die mu­ni­si­pa­li­teit of die dorp lei­wa­ter kan kry. In die ge­val is daar be­sluit om nie los­la­tings toe te laat nie om­dat die wa­ter­vlak nog bie­tjie on­sta­biel is.”

Fou­rie ver­dui­de­lik dat S­choe­mans­hoek, Oudts­hoorn, Buf­fels­drift, Wel­ge­luk en On­ver­wacht die e­nig­ste ge­bie­de is wat uit die Rau­ben­hei­mer­dam lei­wa­ter ont­vang.

“By die Kan­go-af­tree­oord is twee slui­se wat oop­ge­maak word wat wa­ter aan die oos­te­li­ke en we­s­te­li­ke tak­ke voor­sien.”

Fou­rie sê ver­der in­wo­ners be­hoort op hul re­ke­nin­ge te kan sien of hul­le ver­on­der­stel is om lei­wa­ter te kry of nie.

“Slegs huis­ei­e­naars met ser­wi­tuutreg­te kry lei­wa­ter en hul­le be­taal daar­voor. Dit is on­ge­luk­kig ook so dat daar weens die ver­bre­king van bou­re­gu­la­sies vo­re is wat toe­ge­bou is en slui­se wat aan die ver­keer­de kant van ‘n hei­ning of muur sit.

Dit is eg­ter el­ke huis­ei­e­naar se ver­ant­woor­de­lik­heid om te sorg dat hul slui­se oop­ge­maak word as dit hul lei­wa­ter­beurt is en hul vo­re skoon is om die lei­wa­ter te kan kry.”

Vol­gens hom het die mu­ni­si­pa­li­teit streng or­don­nan­sies oor wa­ter en kan huis­ei­e­naars met R1 000 be­boet word as die ei­e­naar na­la­tig is en wa­ter in die straat laat af­loop en R500 be­boet word as die vo­re nie skoon­ge­hou word nie. Vol­gens hom is daar wer­kers wat ver­ant­woor­de­lik is vir die in­spek­sie van vo­re.

E­nig­ie­mand met na­vrae oor lei­wa­ter kan Fou­rie by 082 771 6580l.

Fo­to: E­be­ne­zer Ti­tus

Lei­wa­ter wat die af­ge­lo­pe na­week in lei­vo­re langs Park­weg ge­vloei het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.