Vrou ge­von­nis ná aan­ran­ding

Oudtshoorn Courant - - NUUS - KRISTY KOLBERG

‘n Vroue ad­mi­nis­tra­tie­we k­lerk van U­ni­on­da­le, Marsha Coet­see, is op Woens­dag 17 Ok­to­ber in die U­ni­on­da­le­hof tot ses maan­de tronk­straf of ‘n boe­te van R5 000 ge­von­nis na ‘n aan­ran­ding vroe­ër die jaar.

Die slag­of­fer, Hen­drik Me­tik, het in Ju­lie ‘n klag by die U­ni­on­da­le-po­li­sie ge­lê na Coet­see, wat van diens af was, hom aan­ge­rand het.

Vol­gens Me­tik het sy hom ‘n “mof­fie” ge­noem en sy kop teen ‘n deur ge­stamp. Sy is skul­dig be­vind van aan­ran­ding met die doel om erns­tig te be­seer.

“Daar was ‘n be­amp­te aan diens in wie se teen­woor­dig­heid die voor­val plaas­ge­vind het. Hy het niks ge­doen om te keer nie,” sê Me­tik.

Be­ne­wens die klag van aan­ran­ding het Me­tik ook ‘n klag van naam­sken­ding ge­lê.

Hen­drik Me­tik

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.