Meld klag­tes teen po­li­sie aan

Oudtshoorn Courant - - NUUS -

Die pu­bliek word aan­ge­moe­dig om on­te­vre­den­heid met diens deur die po­li­sie aan te meld.

Hier­die ver­soek van die po­li­sie word deur bri­ga­dier Le­vo­na Ja­nu­a­ri, sta­sie­be­vel­voer­der van Oudts­hoorn, on­der­steun. "Die po­li­sie is hier om te dien en as u nie te­vre­de is met die diens wat u van ‘n po­li­sie­lid ont­vang nie, meld dit as­se­blief aan so­dat dit on­der­soek kan word."

Daar is spe­si­fiek stap­pe wat ge­volg moet word wan­neer klag­tes aan­ge­meld word. Vol­gens kapt. Lou­is Visser, woord­voer­der van die Oudts­hoorn-po­li­sie, is die eer­ste stap om 'n klag­te by die skof­be­vel­voer­der aan te meld on­der wie se be­vel die po­li­sie­lid ten ty­de van die voor­val was.

"El­ke skof het ‘n be­vel­voer­der aan diens. Die be­vel­voer­der van die skof se sel­foon­nom­mer is be­skik­baar by die po­li­sie­sta­sie."

Visser sê in­dien die kla­er nie te­vre­de is met die re­ak­sie na­dat dit by die skof­be­vel­voer­der aan­ge­meld is nie kan die kla­er 'n af­spraak maak met kapt. Be­ver­ley Booy­sen by 044 203 9109.

Haar kan­toor is op die twee­de vloer by die po­li­sie­sta­sie in Ba­ron van Ree­de­straat.

"Kap­tein Booy­sen sal u dan na die be­vel­voer­der van Vis­pol (sig­ba­re po­li­si­ë­ring) of die on­der­steu­nings­diens­te ver­wys."

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.