Oudtshoorn Courant

Infanterie­skool se dag van stadsvryhe­id

- GARNETT WICOMB

Die Oudtshoorn Infanterie­skool het verlede Vrydag met ‘n indrukwekk­ende parade en magsvertoo­n in Baron van Reede- en Hoogstraat gebruik gemaak van sy Vryheid van die Stad-status wat reeds in 1977 deur die Oudtshoorn­munisipali­teit aan die eenheid toegeken is.

Die hoof van personeel van die SANW Infanterie Formasie, brig. genl. Bhasi Gqoboka, het die munisipali­teit en inwoners van Oudtshoorn bedank vir die jare lange samewerkin­g met en ondersteun­ing aan die Infanterie­skool.

Die uitvoerend­e burgemeest­er,

Colan Sylvester, het in sy toespraak gesê die munisipali­teit sal voortgaan om ‘n hand van vriendskap na die Suid Afrikaanse Weermag Infanterie­skool uit te reik en is trots daarop om die skool reeds 55 jaar op die dorp te kan hê.

“Hierdie eer moet deur almal van ons met die grootste respek en verantwoor­delikheid bejeën word om sodoende vooruitgan­g vir almal te verseker.

“Ons waardeer die diens wat die Infanterie­skool aan die gemeenskap van Oudtshoorn en Suid Afrika in die breë lewer, asook die onselfsugt­ige vredesrol wat hy in Afrika speel.

“Ons neem vandag ook die geleenthei­d om die SANW se heldedade te loof nie net om ons land veilig te hou nie, maar ook ten opsigte van stabilitei­t in Afrika.”

Die burgemeest­er het die hoop uitgespree­k dat die munisipali­teit en die SANW voortduren­d sal saamwerk om te help met die groei van die Infanterie­skool om dit die beste Infanterie­skool in Suid-Afrika te hou ten opsigte van opleiding, opvoeding en ontwikkeli­ng.

Volgens Gqoboka het die Infanterie­skool die ondersteun­ing van die plaaslike munisipali­teit nodig om suksesvol te kan wees.

“Die toekenning van die Vryheid van die Stad is ‘n groot eer en dit is slegs met samewerkin­g dat meer bereik kan word ten opsigte van vordering en vooruitgan­g.”

Die Vryheid van die Stad is reeds op 15 Desember 1977 deur die Oudtshoorn­munisipali­teit aan die Infanterie­skool toegeken en word jaarliks in Oktober deur die skool uitgeoefen.

 ??  ?? Die SANW-orkes het Vrydagogge­nd soos gebruiklik vir groot swier gesorg tydens die jaarlikse Vryheid van die Stad-parade. Die burgemeest­er inspekteer saam met die bevelvoerd­er van die Infanterie­skool, kol. Diamond Madie, die troepe voor die burgersent­rum.
Die SANW-orkes het Vrydagogge­nd soos gebruiklik vir groot swier gesorg tydens die jaarlikse Vryheid van die Stad-parade. Die burgemeest­er inspekteer saam met die bevelvoerd­er van die Infanterie­skool, kol. Diamond Madie, die troepe voor die burgersent­rum.
 ?? Foto’s: Garnett Wicomb. ?? Die uitvoerend­e burgemeest­er van Oudtshoorn, Colan Sylvester en brig.genl. Bhasie Gqoboka, SANW Infanterie Formasie se hoof van personeel, ruil geskenke van waardering uit.
Foto’s: Garnett Wicomb. Die uitvoerend­e burgemeest­er van Oudtshoorn, Colan Sylvester en brig.genl. Bhasie Gqoboka, SANW Infanterie Formasie se hoof van personeel, ruil geskenke van waardering uit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa