Oudtshoorn Courant

Boere kry R170 miljoen vir droogteram­phulp

- TISHA STEYN

Die Wes-Kaapse regering het R170 miljoen van die nasionale tesourie gekry om boere wat dringend droogtehul­p nodig het, by te staan.

“’n Oorkoepele­nde bedrag van R170 miljoen is toegestaan vir ramphulp wat deur die Wes-Kaapse wetgewer aangevra is vir hulp in droogteget­eisterde gebiede in die Wes-Kaap,” sê Carl Opperman, hoofuitvoe­rende beampte van Agri Wes-Kaap.

Dié rampfonds sal aangewend word in die gebiede waar die droogte reeds drie jaar of langer voortsleep. Dit sluit die Karoo, Klein-Karoo, dele van die Suid-Kaap en die gebied noord van Vredendal in.

Volgens Opperman het die Wes-Kaap se departemen­t van landbou aansoek gedoen vir die geld. “Ek het groot waardering vir Joyene Isaacs, hoof van dié departemen­t, en die mense in haar departemen­t, want hulle gaan uit hul pad om ons by te staan.”

Die aansoek is ook ondersteun deur die Wes-Kaap se wetgewer en kabinet.

Kundige spanne van die departemen­t, wat ramphulp bestuur, het reeds die provinsie deurkruis om die omvang van die droogte vas te stel en te bepaal of die situasie in die gebiede kritiek of uiters kritiek is.

“Dit help nie ‘n mens ry deur ‘n gebied en dit lyk mooi groen en daar is veldblomme na ‘n paar millimeter reën nie – die situasie moet in diepte ontleed word.

“Die ware toestand van die veld bepaal of ‘n boer nog ‘n maand of twee kan uithou. Ons moet betyds ingryp om te help om boere op die plase te hou.”

Alle boere en nie net lede van georganise­erde landbou nie, moet op die voorgeskre­we manier by die departemen­t van landbou in die verskillen­de gebiede aansoek doen indien hulle nog nie in die verlede aansoek gedoen het nie. Die aansoek sal evalueer word, en indien goedgekeur, sal hulle koopbriewe ontvang waarmee hulle by landboudie­nsverskaff­ers (koöperasie­s) voer kan koop.

“Ons wag net vir me. Isaacs om te laat weet die geld is in die departemen­t se bankrekeni­ng voordat die bal aan die rol gesit kan word,” sê Opperman.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa