Oudtshoorn Courant

Meer as 30 skrywers deel hulle passie by Leesfees

- MARLENE MALAN

Die boekgespre­kke van meer as 30 skrywers die afgelope naweek by die sewende Prins Albert-leesfees, het gewissel van memoirs en aktualitei­t, geskiedeni­s en politiek, tot misdaad, digkuns en persoonlik­heidstoorn­isse.

En, elk van dié onderwerpe is ewe goed ontvang, met goeie bywoning deur plaaslike inwoners sowel as gaste van elders.

Die skrywers het van Vrydag tot Sondag op die dorp saamgetrek om van die toppublika­sies van 2018 te bespreek. Die hoogtepunt was die oorhandigi­ng van ’n kultuurtoe­kenning aan die gewilde spanningsr­omanskrywe­r Deon Meyer deur die Wes-Kaapse regering, spesifiek vir sy bydrae tot die skryfkuns. Minister Anroux Marais, minister van sport en kultuursak­e, het die toekenning aan hom oorhandig en ook die fees amptelik geopen.

Meyer, wie se jongste boek, Prooi, pas verskyn het, was by twee gesprekke betrokke: Hy het aan sy medespanni­ngsromansk­rywer Bettina Wyngaard meer oor sy lewe en skryfloopb­aan vertel, en saam met Martin Steyn (Losprys) en Jo Nel (Die hond wat ophou blaf het) opgetree om oor hul afsonderli­ke werkwyses in dié spesifieke genre te gesels.

Wyngaard se volgende spanningsr­oman, Jagter, verskyn vroeg aanstaande jaar.

Dit was ook ‘n naweek van musiek, met die orkeste Hatchetman en Orwellingt­on wat opgetree het, die digtersang­er Jolyn Phillips, Oom Hannes Coetzee en ghoemadigt­er Loit Sôls, en rymkletser­s van die Hoërskool Zwartberg.

Tydens die jeugprogra­m het die jeugskrywe­rs Anzil Kulsen en Simon Bruinders aangrypend vertel hoe hulle deur dryfkrag en geloof in hulself hul loopbaan gebou het, en die “performanc­e poet” Gaireyah Fredericks het gesê één mens, die digter Diana Ferrus, se geloof in haar het haar geleer om in haarself te glo. Jy is nooit die slagoffer van jou omstandigh­ede nie, is haar lewensbena­dering.

Vanjaar se Leesfees is, volgens vroeë statistiek, beter bygewoon as ooit. Volgens die organiseer­ders kan dit toegeskryf word aan beter reklame, beeldbouak­sies en omdat die fees goed gevestig is. Die verskuiwin­g van die fees na ‘n groter feespersee­l by die Prins Albert-skouterrei­n was ook ‘n goeie besluit aangesien die nuwe terrein hom beter leen tot groot gehore.

Die fees is voorheen gehou in die Jans Rautenbach Schouwburg in die dorp, maar het dit geleidelik ontgroei.

Voorts het vanjaar se fees volop te eet en te drink gebied, met musiek as agtergrond om atmosfeer te skep.

Die oogmerk was om mense tuis te laat voel sodat hulle deel sal voel van ’n boeken-leeservari­ng, met die geleenthei­d om persoonlik kennis te maak en saam te kuier met hul geliefkoos­de skrywers.

Op die gebied van toerisme het die fees ook goed gevaar – bykans elke moontlike gastehuis en die hotel was volbespree­k.

En, elk van dié onderwerpe is ewe goed ontvang, met goeie bywoning deur plaaslike inwoners sowel as

gaste van elders.

 ??  ?? Die Prins Albert Vastrapper­s (rieldansgr­oep) het by die Leesfees opgetree.
Die Prins Albert Vastrapper­s (rieldansgr­oep) het by die Leesfees opgetree.
 ?? (Die De Zalze-moorde) (Narsiste, psigopate, stalkers en sadiste)
Foto’s: Barry Lamprecht. ?? Johannes de Villliers (links), praat met Julian Jansen en Andre le Roux agter die masker”.oor “die mens
(Die De Zalze-moorde) (Narsiste, psigopate, stalkers en sadiste) Foto’s: Barry Lamprecht. Johannes de Villliers (links), praat met Julian Jansen en Andre le Roux agter die masker”.oor “die mens

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa