Oudtshoorn Courant

Slaghuissa­ak uitgestel vir streekhofb­eslissing

- GARNETT WICOMB

Die voormalige werknemer van Badenhorst Slaghuis, Fritz Jacobs, en sy vriendin Tammy Weyers, wat saam met hom met honderde duisende rande die pad gevat het, het Woensdag weer vlugtig in die Oudtshoorn-landdrosho­f verskyn. Die saak is vir ‘n streekhofb­eslissing uitgestel.

Die twee word aangekla van diefstal en die gebruik van ‘n voertuig sonder die toestemmin­g van die eienaar.

Jacobs het Woensdag lank met sy regsvertee­nwoordiger, Jacques Malan, van die Regshulpra­ad, gepraat nadat hy die hofsaal binne gebring is, blykbaar om weer om borgtog aansoek te doen. Borgtog is verlede maand aan hom geweier na ‘n versoek van sy moeder omdat hy ‘n dwelmversl­aafde is. Borgtog van R2 000 is aan Weyers toegestaan. Haar borgtog en borgtogvoo­rwaardes is Woensdag deur landdros Roelf Konstabel verleng.

Hiervolgen­s moet sy van Maandag tot Vrydag twee keer per dag by die polisie aanmeld en nie van adres verander sonder die kennis van die ondersoekb­eampte nie.

Jacobs en Weyers, het met ongeveer R400 000 wat Jacobs van Badenhorst Slaghuis moes gaan bank, verdwyn en is die volgende dag op Knysna in hegtenis geneem toe hulle per taxi na die OosKaap wou gaan.

Die ondersoekb­eampte, ao. Christo Olivier, het tydens die borgtogaan­soeke van die twee getuig dat hulle R8 000 van die geld gebruik het om kos en klere te koop en ook vir verblyf te betaal.

Volgens hom het die polisie R335 000 by Jacobs en R9 000 by Weyers gekry.

Die saak dien voor landdros Roelf Konstabel en is vir ‘n streekhofb­eslissing tot 27 November uitgestel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa