D­rie voer­tuie in bot­sing

Oudtshoorn Courant - - NEWS - HANNES VISSER

Die krui­sing van Ba­ron van Ree­de- en Van der Riet­straat was ver­le­de Son­dag­og­gend weer­eens die to­neel van ‘n bot­sing. Dit was die twee­de on­ge­luk in ‘n week op die krui­sing.

‘n Eg­paar uit die bui­te­land en hul­le twee kin­ders was van­af die rig­ting van die grot­te met Ba­ron van Ree­de­straat in ‘n ge­huur­de Toyo­ta on­der­weg.

Hul­le het regs in Van der Riet­straat in­ge­draai en voor ‘n aan­ko­men­de Pa­je­ro in­ge­ry. Die Pa­je­ro het die Toyo­ta op die pas­sa­siers­kant ge­tref en teen ‘n BMW, wat by die stop­straat ge­wag het, vas­ge­stamp. ‘n Vrou­li­ke pas­sa­sier in die Pa­je­ro is met lig­te be­se­rings hos­pi­taal toe ge­neem. Nie­mand an­ders is in die bot­sing be­seer nie. Vol­gens ant­woor­de op vo­ri­ge na­vrae na bot­sings by dié krui­sing, is die mu­ni­si­plai­teit be­sig om na moont­li­ke op­los­sings te kyk om krui­sings waar bot­sings ge­reeld voor­kom vei­li­ger te maak.

Fo­to: Hannes Visser

Die d­rie mo­tors wat Son­dag­og­gend in ‘n bot­sing in Ba­ron van Ree­de­straat be­trok­ke was.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.