Boer vlug­tig in hof oor wa­ter

Oudtshoorn Courant - - NEWS - GARNETT WICOMB

‘n Boer van die Kam­ma­nas­sie-dis­trik, wat daar­van aan­ge­kla word dat hy die na­si­o­na­le wa­ter­wet oor­tree het, het ver­le­de Don­der­dag weer vlug­tig in die Oudts­hoorn-streek­hof ver­skyn. Die staat be­weer dat E­bon le Roux (44) tus­sen 2016 en 2017 we­der­reg­te­lik en op­set­lik wa­ter uit die Kam­ma­nas­sie­ri­vier ge­bruik het op ‘n wy­se an­ders as toe­ge­laat.

Die al­ter­na­tie­we klag­tes is dat hy wa­ter ge­bruik het teen­stry­dig met die voor­waar­des deur dit uit die ri­vier te pomp vir be­sproei­ings­doel­ein­des as­ook na­de­li­ge be­ïn­vloe­ding van die wa­ter­bron deur we­der­reg­te­lik en op­set­lik wa­ter uit die ri­vier te pomp. Die staats­aan­kla­er, B­ren­don S­mith, het die hof vir uit­stel ge­vra om­dat hy nog nie al­le ge­tui­e­ver­kla­rings ont­vang het nie. Streek­land­dros Re­tha P­re­to­ri­us het haar mis­noeë hier­oor uit­ge­spreek.

“Dit is on­ver­staan­baar dat die staat so lank neem met die on­der­soek” het sy ge­sê en die saak fi­naal tot 11 De­sem­ber uit­ge­stel.

Vol­gens die be­stuur­der van die S­tomp­drift-Kam­ma­nas­sie­wa­ter­ver­brui­kers­ver­e­ni­ging het die staat reeds op 17 Au­gus­tus dag­vaar­dings aan hul­le d­rie ge­tui­es in die saak uit­ge­reik om op 8 No­vem­ber in die hof te ge­tuig en was daar dus vol­gens hom ge­noeg tyd vir die staat vir al­le voor­be­rei­dings. Die be­skul­dig­de is op waar­sku­wing vry­ge­laat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.