Slan­ge nie bang vir woon­ge­bie­de

Oudtshoorn Courant - - NEWS - HANNES VISSER

Dit blyk dat slan­ge, en ver­al Kaap­se ko­bras, nie skug­ter is om dorp toe te kom nie. Mor­nay T­hys­se, brand­weer­man en Oudts­hoorn se be­ken­de slang­van­ger het die af­ge­lo­pe ruk slan­ge ver­wy­der op plek­ke waar ‘n mens hul­le ge­woon­lik nie sou ver­wag nie. Hy het on­der an­de­re ‘n ko­bra in Mil­len­ni­um­park ver­wy­der en ver­le­de week een in die hart­jie van die dorp langs die ri­vier na­by die Qu­een’s Mall.

‘n Boer­vrou van Rooi­heu­wel het hier­die week ook ver­tel dat sy een og­gend in haar kom­buis ver­wel­kom is deur ‘n Kaap­se ko­bra wat heer­lik op haar stoof op­ge­krul ge­lê het en sy kop bak ge­maak het toe hy met ha­ne­kraai ge­steur is.

Vol­gens T­hys­se is die mees­te slan­ge wat hy by hui­se ver­wy­der Kaap­se ko­bras, maar pof­ad­ders en ska­de­lo­se bruin huis­slan­ge kom ook voor. Hy ver­tel van voor­val­le waar hon­de dood is na­dat hul­le deur pof­ad­ders en ko­bras ge­pik is. Hy sê slan­ge se na­tuur­li­ke kos is mui­se en pad­das. Om­dat hier­die dier­tjies toe­ne­mend by hui­se voor­kom om wa­ter te soek volg die slan­ge hul­le.

Wat ge­maak as ‘n slang kom kui­er?

Al­hoe­wel die mees­te slang­spe­sies on­ska­de­lik is, is dit vei­li­ger om e­ni­ge slang as po­ten­si­eel gif­tig te be­skou

Slan­ge se in­stink is om hul­self te be­skerm, moet dus nie pro­beer om die slang te vang nie

Bly kalm, kry kin­ders en troe­tel­die­re weg van die slang en be­hou ‘n vei­li­ge af­stand van ten min­ste d­rie me­ter

Bel die be­heer­ka­mer by 044 203 3147 of 044 203 7800

In­dien moont­lik, hou ‘n oog op die slang om te kyk waar­heen hy gaan so­dat die slang­van­ger weet waar om te soek

Slan­ge sal ge­woon­lik be­dreig voel en weg­be­weeg na vei­lig­heid wat dik­wels don­ker hoe­kies is

Ska­kel snags lig­te aan as jy in die huis of bui­te­kant rond­be­weeg

Wees be­wus van ge­lui­de aan­ge­sien som­mi­ge slan­ge dik­wels as waar­sku­wing sis

Ont­hou al­tyd dat ‘n k­lein slan­ge­tjie se gif net so do­de­lik is soos ‘n gro­te s’n

Wat ge­maak as ‘n slang ie­mand

ge­pik het?

In­dien moont­lik, neem ‘n fo­to van die slang vir i­den­ti­fi­ka­sie­doel­ein­des as jy nie se­ker is wat­ter soort slang dit is nie

Ont­bied on­mid­del­lik me­die­se hulp - ver­al in die ge­val van ‘n Kaap­se ko­bra. Hier­die slang se gif ver­sprei baie vin­nig en kan tot a­sem­ha­lings­pro­ble­me lei

Be­weeg so min as moont­lik en pro­beer kalm bly

Moet on­der geen om­stan­dig­he­de boe­re­ra­te volg soos by­voor­beeld om die gif te pro­beer uit­suig, ys op die wond te plaas of die wond te brand nie

As jy in ‘n ge­bied woon waar slan­ge ge­reeld voor­kom is dit ‘n goeie i­dee om ‘n slang-be­wus­ma­kings­kur­sus by te woon wat ba­sie­se nood­hulp vir slang­by­te in­sluit.

Mi­tes oor slan­ge

Vol­gens slang­ken­ners is daar ver­skeie mi­tes oor slan­ge wat die nek in­ge­slaan moet word.

Dit is nie so dat som­mi­ge slang­spe­sies men­se sal aan­val of selfs jaag nie.

Dit is nie so dat se­ker plan­te soos mal­vas en knof­fel slan­ge weg­hou nie

Nog min­der is dit waar dat pla­vei­sel, gruis, een­de, ou mo­tor­o­lie en se­ke­re ont­smet­tings­mid­dels slan­ge af­weer.

Slan­ge “loop” ook nie in pa­re waar een maat ‘n an­der een kom soek as een ge­vang word nie.

Slan­ge wat in die veld, waar ge­noeg kos is, vry­ge­laat word keer nie “te­rug” na die plek waar hul­le ge­vang is nie

Dit is ook be­lang­rik om daar­op te let dat som­mi­ge slan­ge, soos pof­ad­ders, nie soos Kaap­se ko­bras o­rent kom en da­de­lik sig­baar is nie. Hul­le is ge­neig om op­ge­krul te lê en hul­le na­tuur­li­ke ka­moe­fle­ring maak hul­le dik­wels moei­lik sig­baar in die veld en tus­sen plan­te­groei.

Wees op die uit­kyk vir slan­ge as jy bui­te is en moe­nie met kaal han­de tus­sen plan­te in die tuin grou nie, ge­bruik eer­der tuin­ge­reed­skap.

Fo­to ver­skaf

Mor­nay T­hys­se met die Kaap­se ko­bra wat hy by die ri­vier na­by die Qu­een’s Mall ge­vang het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.