Hof straf klip­gooi­er

Oudtshoorn Courant - - NEWS - GARNETT WICOMB

‘n Jong man van Vol­moed wat ‘n man met ‘n mes pro­beer steek en daar­na met ‘n klip teen die kop ge­gooi het, is Vry­dag in die Oudts­hoorn-streek­hof aan aan­ran­ding met die doel om erns­tig te be­seer skul­dig be­vind. Dil­lon Bruin­tjies (21) het ook te­reg­ge­staan op aan­klag van po­ging tot moord op die kla­er, F­reek K­ri­ge.

Bruin­tjies het er­ken dat hy twee keer na K­ri­ge ge­steek het, maar hom nie ge­tref het nie. Hy was kwaad vir K­ri­ge oor ‘n in­si­dent wat die vo­ri­ge na­week tus­sen hul­le plaas­ge­vind het. Toe K­ri­ge weg­hard­loop het hy hom met ‘n klip, so groot soos ‘n ten­nis­bal, teen die kop ge­gooi.

Streek­land­dros Re­tha P­re­to­ri­us het be­vind dat hoe­wel dit twee ak­sies was, Bruin­tjies een doel ge­had het naam­lik om K­ri­ge seer te maak. K­ri­ge kon ge­sterf het van die hou aan die kant van sy kop. Die hof het in ag ge­neem dat hy skul­dig ge­pleit het en die twee van hul­le vre­de ge­maak het.

Bruin­tjies is ‘n boe­te van R1 000, wat hy in d­rie maan­de kan af­be­taal, of 12 maan­de ge­van­ge­nis­straf op­ge­lê as­ook ‘n 24 maan­de ge­van­ge­nis­straf wat voor­waar­de­lik vir vyf jaar op­ge­skort is. Hy is ook on­be­voeg ver­klaar om ‘n vuur­wa­pen te be­sit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.