Ou­pa en klein­dog­ter wen Tim­ber­ci­ty­gholf­dag

Oudtshoorn Courant - - SPORT - WYNDHAM EWERTS

Die Tim­ber­ci­ty Ostrich Clas­sic se We Pay You Play-gholf­dag het Sa­ter­dag by die Oudst­hoorn-gholf­klub plaas­ge­vind. Die gholf­dag word jaar­liks deur Tim­ber­ci­ty aan­ge­bied. In­skry­wings vir die gholf­dag was gra­tis en die spe­lers is ook na die prys­uit­de­ling met ‘n braai-ete ont­haal.

Des­mond Mal­gas en Chloè Mal­gas-Kel­pin met hul fi­na­le tel­ling van 48 het van­jaar met die lou­e­re weg­ge­stap en het elk­een ‘n werks­bank ter waar­de van R1 650 ge­wen.

De­on Bar­nard en Ma­ri­us Wil­ken was twee­de met 47 pun­te en Lou­is Fou­rie en Hein Jon­ker der­de ook met 47 pun­te.

S­haun We­st­raad, ko­ör­di­neer­der van die gholf­dag en werk­ne­mer van Tim­ber­ci­ty, het al die ver­skaf­fers be­dank en die dag as baie suk­ses­vol be­skryf.

An­dré van G­reu­nen, die ei­e­naar van Tim­ber­ci­ty, is al de­ka­des ‘n lid van die Oudts­hoorn-gholf­klub en het self die dag se gholf ge­niet.

Fo­to: Wyndham Ewerts

Die twee wen­ners van die Tim­ber­ci­ty Ostrich Clas­sic, Des­mond Mal­gas (links) en sy klein­dog­ter Chloe Mal­gas-Kel­pin saam met Pe­tro We­st­raad en Tes­sa van G­reu­nen (Tim­ber­ci­ty) en Paul S­troe­bel (Oudts­hoorn gholf­klub).

Fo­to: E­be­ne­zer Ti­tus

Ten spy­te van die droog­te, is die Oudts­hoorn gholf­baan steeds in ‘n puik toe­stand.

Fo­to: E­be­ne­zer Ti­tus

An­dré van G­reu­nen ty­dens Sa­ter­dag se gholf­dag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.