Klag­tes teen vier in di­a­mant­saak te­rug­ge­trek

Oudtshoorn Courant - - NEWS - GARNETT WICOMB

Die saak teen vier mans, on­der wie twee van Le­so­tho, wat vir die be­sit van on­ge­slyp­te di­a­man­te aan­ge­kla is, is in die Oudts­hoorn-land­dros­hof deur die staat te­rug­ge­trek.

‘n Vyf­de be­skul­dig­de het ‘n boe­te be­taal en ‘n op­ge­skor­te von­nis ont­vang. Mar­tin Bo­tha van Le­so­tho is deur land­dros Jo­han S­teyn­berg ‘n boe­te van R3 000 of vier maan­de ge­van­ge­nis­straf op­ge­lê as­ook ne­ge maan­de ge­van­ge­nis­straf wat voor­waar­de­lik vir drie jaar op­ge­skort is.

Die aan­klag­te teen Moe­ket­si Mat­jo­ba, Jag­deep Singh Mul­ta­ni, Mon­ge­oty­wa Fe­fe en Di­van Er­nest is te­rug­ge­trek.

Bo­tha en drie van die mans is op 28 Au­gus­tus van­jaar by die Pick n Pay­sen­trum op Oudts­hoorn in heg­te­nis ge­neem met twee on­ge­slyp­te di­a­man­te ter waar­de van so­wat R20 000 in hul voer­tuig. Er­nest is ‘n paar dae la­ter in heg­te­nis ge­neem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.