Be­wus­ma­kings­veld­tog in La­di­smith ge­hou

Oudtshoorn Courant - - NEWS -

Die E­den-po­li­sie­klus­ter, wat uit 13 po­li­sie­sta­sies be­staan, het ver­le­de Woens­dag 'n be­wus­ma­kings­veld­tog in La­di­smith ge­hou om die vei­lig­heid van be­jaar­des te be­klem­toon.

Vol­gens ao. Jan Ce­de­r­as, woord­voer­der van die La­di­smith-po­li­sie, is 'n to­neel­stuk wat op ge­sins­ge­weld en dwelm- en al­ko­hol­mis­bruik fo­kus, op­ge­voer.

Hans Mul­ler van Dys­sels­dorp het die ge­hoor met sy sang­ta­lent ver­maak en die trom­pop­pies van Dys­sels­dorp en Ca­litz­dorp be­jaar­de Gospel-koor het ook op­ge­tree.

"Ons wou graag die bood­skap aan vrou wat mis­han­del word oor­dra dat hul­le nie vir hul mans moet bang wees nie en ons het hul­le aan­ge­moe­dig om 'n klag te gaan lê in­dien hul­le mis­han­del word. Genl.maj. Oswald Red­dy, E­den klus­ter­be­vel­voer­der, het die be­jaar­des be­moe­dig en ge­sê dat hul­le die voor­beeld vir die jon­ger ge­ne­ra­sie moet wees.

Die dag was 'n reu­se­suk­ses," het Ce­de­r­as ge­sê.

Fo­to ver­skaf

Ca­litz­dorp se be­jaar­de Gospel-koor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.