Voor­ver­hoor in Ti­tus-moord uit­ge­stel.

Oudtshoorn Courant - - NEWS - GARNETT WICOMB

Die voor­ver­hoor van die vier ver­dag­tes wat van moord op st­af­ser­sant P­re­ston Ti­tus, aan­ge­kla word, is ver­le­de week in die rond­gaan­de ho­ër­hof in Ge­or­ge uit­ge­stel na­dat twee regs­ver­teen­woor­di­gers hul­le aan die saak ont­trek het.

Reg­ter Mark S­her het die voor­ver­hoor tot 29 No­vem­ber uit­ge­stel na­dat Mooi en Ja­nu­a­ry se regs­ver­teen­woor­di­gers hul­le glo on­der meer weens on­voor­sie­ne om­stan­dig­he­de en kwes­sies met hul be­ta­ling aan die saak ont­trek het.

Die reg­ter het dit aan die be­skul­dig­des ge­stel dat die ver­hoor op 25 Fe­bru­a­rie 2019 op Oudts­hoorn sal be­gin, of hul­le nou regs­ver­teen­woor­di­ging het of nie.

Ti­tus se we­du­wee, die ANC-raads­lid Mag­da­leen Ti­tus, Na­ta­sha S­tuur­man, Jus­ti­ce Mooi en Ma­simt­hem­be (MJ) Ja­nu­a­ry, word van moord met voor­be­dag­te ra­de aan­ge­kla.

Mooi word aan­ge­hou ter­wyl sy me­de­be­skul­dig­des op borg­tog vry­ge­laat is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.