Pad­wer­ke be­gin op R62

Oudtshoorn Courant - - NEWS -

Pad­wer­ke aan die R62 tus­sen Oudts­hoorn en Ca­litz­dorp het amp­te­lik be­gin.

Vol­gens By­ron la Hoe, woord­voer­der van die de­par­te­ment ver­voer en pu­blie­ke wer­ke, be­loop die pro­jek R42 mil­joen en be­hoort dit in Mei 2019 klaar te wees.

“Die deel van die R62 is in 2004 laas op­ge­knap. Slag­ga­te, kra­ke in die pad en die re­ë­lings langs die pad gaan ook reg­ge­maak word. De­le van die pad sal oor­ge­teer word en pad­te­ken­bor­de gaan ver­vang word. Dit sal be­te­ken dat daar op se­ke­re plek­ke stop-en­ry-pun­te langs die pad sal wees en mo­to­ris­te kan tot 15 mi­nu­te by die pun­te wag,” het La Hoe die week in ‘n ver­kla­ring ge­sê.

Vol­gens La Hoe sal die de­par­te­ment on­ge­veer R10 mil­joen aan diens­te en goe­de­re span­deer om die pad te her­stel en skep hul­le ook werks­ge­leent­he­de vir in­wo­ners van Oudts­hoorn.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.