Saak vir ver­hoor uit­ge­stel

Oudtshoorn Courant - - NEWS - GARNETT WICOMB

Die twee se­ni­or weer­mag­of­fi­sie­re wat te­reg­staan op aan­klag­te dat hul­le die Oudts­hoorn-po­li­sie­sta­sie wou op­blaas en die po­li­sie in die uit­voe­ring van hul plig­te ver­hin­der het, het Maan­dag­og­gend in die Oudts­hoorn-streek­hof uit­ein­de­lik nu­we ver­hoor­da­tums ge­kry.

Die saak was al in ‘n ge­vor­der­de sta­di­um van ver­hoor toe streek­land­dros Mark van Wyn­gaardt, in No­vem­ber ver­le­de jaar oor­le­de is en dit daar­na as nu­we saak op die hof­rol ge­plaas.

Die saak is van­jaar by ver­skeie ge­leent­he­de uit­ge­stel weens, on­der an­de­re, ver­toë wat die twee tot die staat ge­rig het.

B­rig.genl. Xo­la­ni Man­kayi en kol. Nk­ha­bu Nt­he­ja­ne, al­bei voor­ma­li­ge be­vel­voer­ders van die In­fan­te­rie­skool op Oudts­hoorn, het na be­we­ring in Mei 2016 sol­da­te in ge­pant­ser­de voer­tuie na die Oudts­hoorn-po­li­sie­sta­sie laat op­ruk en glo ge­dreig om die sta­sie op te blaas in­dien so­wat 35 sol­da­te wat by ‘n kui­er­plek in Bon­go­let­hu in heg­te­nis ge­neem is, nie on­mid­del­lik vry­ge­laat word nie.

Streek­land­dros Re­tha P­re­to­ri­us het die saak Maan­dag vir ‘n week se ver­hoor, van 8 tot 12 A­pril 2019, uit­ge­stel.

Fo­to’s: Jac­ques Swart

B­rig.genl. Xo­la­ni Man­kayi

Kol. Nk­ha­bu Nt­he­ja­ne

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.