Da­ve ver­eer vir sport­by­drae

Oudtshoorn Courant - - NEWS - WYNDHAM EWERTS

Da­ve van der Walt (67), ‘n be­ken­de in sport­krin­ge, het Sa­ter­dag­aand in Cen­tu­ry Ci­ty, Kaap­stad, die Li­fe­ti­me A­chie­vement A­ward ont­vang vir ‘n leef­tyd se uit­staan­de by­drae, op­of­fe­ring en ver­bon­den­heid aan sport in die Eden-dis­trik, so­wel as die Wes-Kaap.

So­wat 200 gas­te het die glans­ge­leent­heid by­ge­woon, met An­roux Ma­rais, mi­nis­ter van kul­tuur­sa­ke en sport wat on­der die gas­te ge­tel het.

Vol­gens Da­ve het hy be­sluit om na 44 jaar die tuig neer te lê.

“Dit is maar moei­lik, want na so­veel ja­re in sport­ad­mi­nis­tra­sie kan ‘n ou nie net skie­lik af­ska­kel nie. Ek doen nog hier en daar se­lek­tie­we werk soos die Vry­staat­se S­port­raad wat my on­langs ge­na­der het om hul grond­wet te kom oor­skryf. My hoof­fo­kus is eg­ter nou om te rus en tyd met my klein­kin­ders te span­deer,” sê hy.

As top­af­rig­ter van for­maat het Da­ve ook Oudts­hoorn se O­lim­pie­se 200 m-at­leet, I­sa­bel le Roux af­ge­rig.

Een van sy groot­ste na­la­ten­skap­pe is die feit dat hy die be­ken­de Hig­hga­te In­ter­pro­vin­si­a­le by­een­koms vir 27 jaar ge­re­ël het, as­ook twee SA kam­pi­oen­skap­pe.

Die suk­ses van die hui­di­ge E­dens­port­raad kan ook tot ‘n groot ma­te aan hom toe­ge­skryf word.

Fo­to: Wyndham Ewerts

Da­ve van der Walt

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.