Ap­pel­koos­fees op Ca­litz­dorp ge­hou

Oudtshoorn Courant - - NEWS - TISHA STEYN

Ca­litz­dorp se der­de Ap­pel­koos­fees en Kers­mark is Saterdag by die sta­sie ge­hou.

Soos ge­woon­lik was dit die staat­ma­kers in die ge­meen­skap wat die hit­te ver­duur het bo die blink pot­te op die gas­bran­ders ter­wyl die kwik bui­te op 35°C staan.

Vry­dag­aand het die span­ne­tjie, reeds so­wat 350 kg ap­pel­ko­se ont­pit en die ap­pel­koos­hal­wes met ge­ly­ke hoe­veel­he­de suiker in plas­tiek­sak­ke ver­pak, ge­reed vir die groot kook wat Sa­ter­dag­og­gend om 07:00 be­gin het. .

Die ap­pel­ko­se is deur Ir­ma en Dewald Wel­man ge­skenk. “Ons is baie dank­baar, want ten spy­te van die droog­te het ons eint­lik baie ap­pel­ko­se,” ver­tel Ir­ma.

Die geld wat ver­dien word uit die ver­ko­pe van die ap­pel­koos­kon­fyt word in die ge­meen­skaps­kas ge­stort en ge­bruik om be­hoef­ti­ges te help. T­wee jong skaak­spe­lers en ‘n kra­ni­ge jong at­leet is ge­help om aan na­si­o­na­le kam­pi­oen­skap­pe deel te neem.

Ka­rin Ho­ni­ball, Ma­ri­na Mur­ris en Pat Ca­litz was on­der die in­wo­ners wat hul kant ge­bring het. “Weens die droog­te kry die boe­re baie swaar,” sê Pat. Om­dat die vrug­te­oes meer as die helf­te min­der is, is daar nie werk vir sei­soen­wer­kers nie.” Sy meen die saam­kook be­vor­der ‘n sa­me­ho­rig­heids­ge­voel.

“Dit lig die ge­moe­de­re om te kan help.”

Gas­te­huis­ei­e­naars maak ook beur­te om maal­tye voor te be­rei en by die Ho­pe­sen­trum op die dorp af te lewer waar hon­ger straat­kin­ders kan kom aan­sit. Die sen­trum bied ook maat­skap­li­ke diens­te en trau­ma­be­ra­ding.

Plaas­li­ke mu­si­kan­te Lie­zl van Ee­den en T­heuns van Dyk van Fyn­bos het ge­sorg vir mu­siek.

Mi­ke Muur­en, wat al 11 jaar die Ou Pos­kan­toor Ga­le­ry en kof­fie­win­kel by Groen­fon­tein het, meen Ca­litz­dorp is ‘n be­son­de­re dor­pie.

“Hier heers ‘n lek­ker gees wat u­niek is aan die dorp. Die jong­men­se wat deur die ja­re weg­ge­trek het, is besig om te­rug te keer met hul kinders. Maar dit is ver­al die “in­kom­mers” wat van el­ders af hier kom vrede vind het, wat die dor­pie laat kook.

“Hier gaan nie veel aan nie, daar­om moet ons goed doen om ‘n le­we te maak.”

Ka­rin Hon­ni­ball, Ma­ri­na Mur­ris en Pat Ca­litz roer die pot­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.