U­ni­on S­tars té goed vir Knys­na

Oudtshoorn Courant - - NEWS - WYND­HAM E­WERTS

Die A-span van U­ni­on S­tars-krie­ket­klub het Knys­na Ka­va­liers Saterdag op die B­ridg­ton-sport­ter­rein in ‘n SWD P­re­mier­liga wed­stryd oor­tui­gend met se­we paal­tjies ge­klop.

Ka­va­liers het eer­ste ge­kolf, en is al­mal vir slegs 84 lo­pies in die 30ste boul­beurt uit­ge­knik­ker.

U­ni­on S­tars se bou­l­aan­val het uit­ste­kend as ‘n een­heid ge­kom­bi­neer met El­rich Booy­sen (3/9), Rus­haan M­cG­re­gor (2/17) en En­vi­ri­no Swartz (2/22) wat ver­woes­ting met die bal ge­saai het.

In S­tars se kolf­beurt het die be­trou­ba­re o­pe­nings­kol­wer en kap­tein, Pieter S­tuur­man, ‘n o­noor­won­ne 37 lo­pies aan­ge­te­ken .Die tui­span het Ka­va­liers se tei­ken reeds in die 23ste boul­beurt oor­tref met se­we paal­tjies nog staan­de.

Met hier­die oor­win­ning het U­ni­on S­tars nou na die twee­de plek op­ge­skuif (24) op die al­ge­he­le SWD P­re­mier­liga pun­te­le­ër. Vol­gens S­tuur­man is hy baie te­vre­de met die al­ge­he­le peil van sy span. “Die man­ne speel vir me­kaar, en dit is die groot re­de hoekom ons so ‘n ge­dug­te span is.”

U­ni­on S­tars se vol­gen­de wed­stryd is Saterdag teen Mos­sel­baai-krie­ket­klub op Mos­sel­baai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.