Co­lour Run vol kleur

Oudtshoorn Courant - - NEWS - WYND­HAM E­WERTS

Die jaar­lik­se Co­lour Run wat deur die Oudts­hoorn In­fan­te­rie­skool aan­ge­bied word, het Vry­dag­og­gend by die NA S­mit­swem­bad weg­ge­spring.

Hier­die 5 km-pret­loop het deel uit­ge­maak van die In­fan­te­rie­skool se pro­gram vir Wê­reld­vigs­dag wat Saterdag plaas­ge­vind het.

Die Wes-Kaap­se ge­sond­heids­diens­te het ook ’n mo­bie­le kli­niek by NA S­mit-swem­bad ge­had waar at­le­te en die pu­bliek hulle gra­tis kon toets vir die MI-vi­rus. Be­ra­ding was ook be­skik­baar.

Al­te­saam ne­ge span­ne en 150 at­le­te het van­jaar deel­ge­neem. In­skry­wings­geld per at­leet was R5 en R50 vir ’n span van 10 le­de.

Die span van die Oudts­hoorn po­li­sie­a­ka­de­mie is van­jaar aan­ge­wys as die wen­ners van die pret­loop.

Hulle het al die vigs­ver­wan­te vrae by die stop­pun­te korrek be­ant­woord, en het ook die wed­loop as die al­ge­he­le vin­nig­ste span vol­tooi.

Die at­le­te het voor die be­gin van die Co­lour Run in die In­fan­te­rie­skool se ou­di­to­ri­um by­me­kaar ge­kom waar hulle ’n in­lig­ting­ses­sie oor die ge­va­re en stig­mas van MIV/Vigs by­ge­woon het.

Ker­se is ook aan­ge­steek as ’n sim­bool van hoop.

Vol­gens kapt. Mar­le­ne Bas­son, ko­ör­di­neer­der van die pret­loop, was die dag baie suk­ses­vol, en hoop hulle om vol­gen­de jaar selfs meer deel­ne­mers te lok.

Vet pret in die son.Die span van die Oudts­hoorn po­li­sie-a­ka­de­mie. Fo­to’s: Wynd­ham E­werts

Die jon­ge­lin­ge het hulle ga­te uit ge­niet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.