Po­ging tot moord­saak uit­ge­stel vir uit­spraak

Oudtshoorn Courant - - NEWS - GAR­NETT WI­COMB

Die saak teen ‘n man van Blom­nek, De Rust, wat sy voor­ma­li­ge mei­sie in die maag en rug met ’n skerp voor­werp ge­steek het, is in die Oudts­hoorn-streek­hof vir uit­spraak tot vol­gen­de jaar uit­ge­stel. Hein­rich Swart­booi (24) staan te­reg op aan­klag van po­ging tot moord op Vie­hon­na Hen­dricks (22).

Swart­booi het Hen­dricks glo by ‘n ta­ver­ne saam met an­der mans­vrien­de raak­ge­loop en la­ter ag­ter­volg. Hy het haar voe­te on­der haar uit­ge­skop, haar ge­skop en ge­trap en t­wee keer met ‘n skerp voor­werp ge­steek voor­dat hy weg­ge­hard­loop het.

Hy ont­ken dat hy op die to­neel was. Hen­dricks is na die Ge­or­ge-hos­pi­taal oor­ge­plaas waar sy meer as een o­pe­ra­sie moes on­der­gaan.

Op ‘n vraag van die staat waar­om hy haar nie gaan be­soek het nie, het Hen­dricks ge­ant­woord dat hy nie weet waar die hos­pi­taal in Ge­or­ge ge­leë is nie. “Ek het nog nooit my han­de ge­lig vir my kind se ma nie,” het Swart­booi ge­tuig.

Vol­gens die staats­aan­kla­er, Cor­né Pre­to­ri­us, het Swart­booi die op­set ge­had om dood te maak en be­hoort hy op die klag­te van po­ging tot moord skul­dig be­vind te word ter­wyl sy regs­hulp­pro­ku­reur, B­ri­an Ca­rel­se, vir sy vry­spraak vra om­dat die staats­ge­tui­es me­kaar weer­spreek en die staat nie daar­in ge­slaag het om sy saak bo re­de­li­ke twy­fel te be­wys nie.

Streek­land­dros Neels Nor­tjé het die saak vir uit­spraak tot 22 Ja­nu­a­rie 2019 uit­ge­stel om­dat daar nie e­ni­ge kans is om die saak van­jaar af te han­del nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.