Klag van moord na tref-en-trap

Oudtshoorn Courant - - NEWS - GAR­NETT WI­COMB

Die saak teen ’n man van B­ridg­ton wat daar­van aan­ge­kla word dat hy in Ja­nu­a­rie van­jaar met sy voer­tuig oor ’n in­wo­ner in S­wa­wel­laan, B­ridg­ton, ge­ry en van die to­neel weg­ge­ry het, is in die streek­hof weens ‘n vol hof­rol tot vol­gen­de jaar uit­ge­stel.

John­ny Don­son (37) staan te­reg op aan­klag van moord en ver­suim om hulp aan ’n be­seer­de te ver­leen. Die voor­val het op 5 Ja­nu­a­rie van­jaar plaas­ge­vind toe Don­son na be­we­ring bo-oor Ri­car­do Fou­rie (43) ge­ry het. Don­son is t­wee dae la­ter in heg­te­nis ge­neem op aan­klag van po­ging tot moord. Die klag is na moord ver­an­der toe Fou­rie, al­om be­kend as Carthy, ’n paar dae la­ter in die Groo­te S­chuur-hos­pi­taal in Kaap­stad aan sy be­se­rings be­swyk het. Fou­rie was die pa van vyf kinders.

Don­son het Vry­dag regs­hulp be­kom en streek­land­dros Re­tha Pre­to­ri­us het die saak vir kon­sul­ta­sie en af­skrif­te van die dos­sier tot 16 Ja­nu­a­rie 2019 uit­ge­stel.

Sy borg­tog van R500 en borg­tog­voor­waar­des is tot dan ver­leng.

Ri­car­do Fou­rie (43)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.