On­wet­ti­ge am­mu­ni­sie in La­di­smith ge­vind

Oudtshoorn Courant - - NEWS -

‘n 45-ja­ri­ge man van La­di­smith sal bin­ne­kort in die La­di­smith­land­dros­hof ver­skyn na hy vir die on­wet­ti­ge be­sit van am­mu­ni­sie in heg­te­nis ge­neem is.

Vol­gens ao. Jan Ce­de­r­as, woord­voer­der van die La­di­smith­po­li­sie, het le­de van die mis­daad in­tel­li­gen­sie-een­heid en La­di­smith-po­li­sie, ‘n wet­ti­ge on­der­soek by Mos­sie­straat ge­doen toe hulle op die am­mu­ni­sie af­kom.

“Die le­de het 25 mi­li­tê­re .303-rond­tes in ‘n plas­tiek­sak by een van die wo­nings ge­kry. Die on­der­soek het hulle na Al­bert­straat ge­lei waar hulle nog ses rond­tes ge­vind het.

“Die ge­meen­skap moet weet dat on­wet­ti­ge am­mu­ni­sie en vuur­wa­pens vir die po­li­sie ‘n pri­o­ri­teit en groot bron van kom­mer is,” het Ce­de­r­as ge­sê.

Hy het ver­der ge­sê dat e­nig­ie­mand met in­lig­ting oor on­wet­ti­ge am­mu­ni­sie en vuur­wa­pens sers. C­harl Jent­zil by 028 551 8140 of 082 82 10512 moet ska­kel. Al­le in­lig­ting sal ver­trou­lik han­teer word.

Ao. I­saac Kam­fer en sers. C­harl Jent­zil met die on­wet­ti­ge am­mu­ni­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.