Re­ha­no wen lees­kom­pe­ti­sie

Oudtshoorn Courant - - NEWS -

Re­ha­no For­tuin, ‘n gr. 1-leer­der van La­te­gans­vlei P­ri­mêr, het die Oudts­hoorn­bi­bli­o­teek­diens­te se jaar­lik­se lees­kom­pe­ti­sie op 28 No­vem­ber ge­wen. Hier­die kom­pe­ti­sie is in sa­me­wer­king met die on­der­wys­de­par­te­ment se leer­on­der­steu­ning sub-kom­po­nent van kring ses en se­we aan­ge­bied. Die te­ma van die kom­pe­ti­sie was ‘Ben­nie en Bet­tie Boek­wurm’.

Al­te­saam 14 sko­le het van­jaar deel­ge­neem.

Vol­gens Jo­han­na Ewerts, Re­ha­no se on­der­wy­se­res, kon sy van die eer­ste dag af al waar­neem dat Re­ha­no ‘n voor­lief­de vir lees het.

“Sy klas­maats is ver­skrik­lik trots op sy pres­ta­sie. Ek hoop van har­te dat dit die res van die leer­ders sal aan­spoor om ook meer te lees, want ken­nis bring in­sig.”

“Re­ha­no is som­mer nog baie jonk en sy lees­vaar­dig­he­de kan net ver­der ont­wik­kel,” het sy ge­sê.

Nog t­wee leer­ders van Ewerts, Day­lyn Ban­ton (gr. 2) en Jos­lin Jap­h­ta (gr. 3), het ook deel­ge­neem. Al drie leer­ders het ‘n in­kleur­boek ge­wen, ter­wyl Re­a­ha­no ook ‘n woor­de­boek ont­vang het.

Fo­to ver­skaf

Van links is Jo­han­na Ewerts (mul­ti-graad on­der­wy­ser), Re­ha­no For­tuin (wen­ner), Day­lon Ban­ton, Jos­lin Jap­h­ta en Pau­li­na Jack­son (skool­hoof).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.