Ho­pe ge­leent­he­de hier vir toe­ris­me

Oudtshoorn Courant - - PICK N PLAY - TISHA STEYN

Niel Els, vi­se­pre­si­dent van Skål In­ter­na­si­o­naal se raad en me­de-ei­e­naar van die Turn­ber­ry-boe­tiek­ho­tel, het ver­le­de week te­rug­ge­keer na sy be­soek aan die IBTM­toe­ris­me­skou in Bar­ce­lo­na, S­pan­je. Hy en A­le­wi­jn Dip­pe­naar, van Ad­ven­tu­res Gar­den Rou­te, het ver­skeie toe­ris­me-in­stan­sies in die Suid-Kaap by dié in­ter­na­si­o­na­le skou ver­teen­woor­dig.

“Die IBTM is nie ‘n ge­wo­ne toe­ris­me­skou nie, maar fo­kus op plek­ke waar maat­skap­pye hul ver­ga­de­rings, kon­fe­ren­sies of ge­leent­he­de kan hou en waar­heen hul­le hul werk­ne­mers kan stuur as aan­spo­ring of om dan­kie te sê vir hul har­de werk,” ver­dui­de­lik Els.

“Die doel van die IBTM is dus om ver­skaf­fers van wê­reld­ge­hal­te fa­si­li­tei­te en bui­ten­ge­wo­ne ak­ti­wi­tei­te aan me­kaar be­kend te stel.”

Hy meen die Tuin­roe­te se a­sem­ro­wen­de na­tuur en in­te­res­san­te dor­pe bied uit­ste­ken­de ver­blyf en ge­leent­he­de vir a­von­tuur­toe­ris­me en be­hoort be­mark te word om aan te pas by in­ter­na­si­o­na­le reis­ten­den­se.

Ver­skil­len­de reis­ten­den­se

“Een so ‘n ten­dens is groot maat­skap­pye wat hul wer­kers as aan­spo­ring om har­der te werk, met va­kan­sie stuur. Om­dat hier­die groe­pe tus­sen 25 tot 150 men­se kan in­sluit, bied dit be­son­de­re uit­da­gings, want waar kry ‘n mens een plek wat al­mal ge­lyk kan huis­ves? “Die be­soe­kers is ook ge­steld op ge­rie­we wat aan in­ter­na­si­o­na­le stan­daar­de vol­doen. Ge­luk­kig is daar goeie sa­me­wer­kings­oor­een­koms tus­sen die vier­ster ho­tel­le en gas­te­hui­se in Oudts­hoorn, want tus­sen ons kan ons ook gro­ter groe­pe han­teer.”

Nog ‘n ten­dens wat sterk groei, is rug­s­ak­stap­pers (back­pac­kers) wat nie in ho­tel­le of gas­te­hui­se bly nie, maar in goed­ko­per ver­blyf – waar­van daar ver­skeie in Oudts­hoorn is.

"Die rug­s­ak­stap­pers reis en bly so goed­koop moont­lik, maar dit is ‘n wins­ge­wen­de mark om­dat daar so baie van hul­le is,” sê Els.

En dan is daar die so­ge­naam­de glam­pac­kers. “Som­mi­ge rug­s­ak­stap­pers met ‘n dik­ker beur­sie ver­kies om so luuks as moont­lik te reis en om in def­ti­ger ver­blyf, soos boe­tiek­ho­tel­le, tuis te gaan, van­daar die naam glam­pac­kers.”

An­der ten­den­se wat ook reeds goed in die Klein-Ka­roo pos­ge­vat het, staan be­kend as vo­lun­teerism (vry­wil­li­ger­diens), wat daar­op neer­kom dat jong­men­se uit Eu­ro­pa en die VSA be­taal om hier te kom ge­meen­skaps­diens doen of met die­re te werk.

“Voor­beel­de hier­van in Oudts­hoorn is Can­go Wild­li­fe Ranch en Buf­fels­drift Ga­me Lod­ge, waar die jeug­di­ges die pon­de uit­pak so­lank hul­le met wil­de die­re kan werk, en die St Lui­gi S­cros­so­pi-sen­trum waar jong­men­se uit an­der lan­de ge­leent­heid kry om ‘n lief­des­diens aan min­der­be­voor­reg­te kin­ders te le­wer.”

Dan is daar ook nog op­voed­kun­di­ge-, me­die­se- en sport­toe­ris­me, wat mil­joe­ne dol­lar en eu­ros na Suid-A­fri­ka bring. “Toe­ris­meen­tre­pre­neurs wat vars en nuut dink, kan munt­slaan uit die mag­dom ge­leent­he­de in die toe­ris­me­be­dryf in die

SuidKaap.”

Niel Els ty­dens die IBTM-toe­ris­me­skou in Bar­ce­lo­na.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.