Ten­nis­jaar af­ge­sluit

Oudtshoorn Courant - - PICK N PLAY - GARNETT WICOMB

Die ten­nis­af­rig­ters Chris­ti­ne van Col­ler en JK Koch, het die jaar se ten­nis af­ge­sluit met 'n ten­nis­toer­nooi wat op Maan­dag en Dins­dag, 3 en 4 De­sem­ber op die ba­ne van Lan­gen­ho­ven Gim­na­si­um ge­speel is.

Op die eer­ste dag was dit die 3 to 6 ja­ri­ges wat ge­kom­pe­teer het met bal­vaar­dig­heid­spe­le­tjies ge­kom­bi­neer met ten­nis.

Daar­na het die rooi­bal­toer­nooi wat oor 'n drie­kwart ten­nis­baan ge­speel word, plaas­ge­vind. Al­te­saam 42 kin­ders het aan dié t­wee toer­nooie deel­ge­neem en dit vol­gens Van Col­ler vrees­lik ge­niet.

Op die twee­de dag was dit die gro­ter kin­ders wat in vier groe­pe, al­te­saam 40 kin­ders, deel­ge­neem en om me­dal­jes mee­ge­ding het.

“Die jaar is met goeie gees en sport­man­skap af­ge­sluit en ons wil graag ons dank teen­oor al die ou­ers uit­spreek vir hul vol­ge­houe on­der­steu­ning en hul kin­ders aan ons toe­ver­trou vir af­rig­ting. Ons sien uit daar­na om die kin­ders vol­gen­de jaar steeds 'n lief­de vir die s­port te leer.”

Garnett jnr Wicomb (links) het De Vil­liers Bo­tha in die laas­te wed­stryd van die dag ge­klop om weer eer­ste in sy groep te ein­dig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.