Vroue ge­tuig ter straf­ver­swa­ring

Oudtshoorn Courant - - NEWS - GAR­NETT WI­COMB

T­wee vrou­ens wat die slag­of­fers van ‘n 19-ja­ri­ge ro­wer was, het ver­le­de week in die hof ter straf­ver­swa­ring van die skul­di­ge ge­tuig.

Die 82-ja­ri­ge Je­an Ar­ries, oud-on­der­wy­ser van Oudts­hoorn, het oor die trau­ma toe Ge­ral­do Fi­lan­der haar in die be­graaf­plaas van haar mo­tor be­roof het, ge­tuig. Sy het met tra­ne in haar oë ge­tuig dat sy ge­reeld haar man se graf gaan skoon­maak en met hom “ge­sels” het.

“Dit is steeds trau­ma­ties en ek bly vir die He­re vra: Het dit werk­lik met my ge­beur? Ek wil die po­li­sie be­dank en spe­si­aal vir kapt Bo­tha wat soos ‘n pa baie on­der­steund was.”

Sy het die hof ver­soek om die po­li­sie te be­dank en streek­land­dros Neels Nor­tje het haar die ver­se­ke­ring ge­gee dat dit so ge­doen sal word.

Fi­lan­der se twee­de slag­of­fer, San­dra Ta­ren­taal van Dys­sels­dorp, het ook oor haar er­va­ring ge­tuig. Sy werk in Ge­or­ge en het daar in ‘n taxi ge­klim wat Fi­lan­der be­stuur het, on­we­tend da thy die taxi son­der die ei­e­naar se toe­stem­ming ge­bruik het.

Fi­lan­der het met haar tot na­by He­rolds­baai ge­ry, met ‘n mes ge­dreig en van haar hand­sak, sel­foon en R800 kon­tant be­roof.

Sy het ge­luk­kig slegs lig­te skra­pies op­ge­doen toe sy die mes ge­gryp en weg­ge­hard­loop het.

“Ek is van­dag nog hui­we­rig om in ‘n taxi te klim en doen dit slegs wan­neer ek sien daar is vroue in die voer­tuig.”

Fi­lan­der het skul­dig ge­pleit op die klag­tes dat hy Ar­ries van haar mo­tor be­roof het en ook t­wee maan­de la­ter die Qu­an­tam mi­ni­bus­taxi van Mar­kus Sap­touw in Pa­no­ra­ma­straat, Ro­se Val­ley, son­der toe­stem­ming ge­neem en daar­mee na Ge­or­ge ge­ry en Ta­ren­taal be­roof het.

Sy regs­ver­teen­woor­di­ger, Gi­de­on Ba­den­horst, het die hof ge­vra om sy jeug­dig­heid en die feit dat hy ‘n eer­ste oor­tre­der is, vir von­nis in aan­mer­king te neem en kor­rek­tie­we toe­sig te oor­weeg.

Die staats­aan­kla­er, Cor­ne P­re­to­ri­us, het be­toog dat Fi­lan­der aan erns­ti­ge mis­dry­we skul­dig be­vind is en ‘n lang tronk­straf ver­dien.

Hy is skul­dig be­vind aan roof, die ge­bruik van ‘n voer­tuig son­der toe­stem­ming van die ei­e­naar as­ook roof met ver­swa­ren­de om­stan­dig­he­de en deur streek­land­dros Neels Nor­tje tot tien jaar ge­van­ge­nis­straf ge­von­nis waar­van vier jaar voor­waar­de­lik vir vyf jaar op­ge­skort is. Hy is ook on­be­voeg ver­klaar om ‘n vuur­wa­pen te be­sit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.