Goeie jaar vir DKD veer­pyl­klub

Oudtshoorn Courant - - NEWS - GAR­NETT WI­COMB

Die veer­pyl­klub van die Oudts­hoorn kor­rek­tie­we diens­te het ‘n skit­ter­jaar ag­ter die rug en sien uit daar­na om in 2019 nog gro­ter hoog­tes te be­reik.

So het die voor­sit­ter van die klub, Frank­lin Go­li­ath, ge­sê na­dat die klub vyf be­kers in die Oudts­hoorn Veer­pyl As­so­si­a­sie-toer­nooi ge­wen het.

Die klub se B-span was die al­ge­he­le wen­ners van die win­ter­liga en naas­wen­ners van die so­mer­liga. Dié span was ook die wen­ner van die su­per­be­ker met ‘n oor­win­ning in die eind­stryd oor die Vi­kings.

Die A-span was die naas­wen­ners in die so­mer- en win­ter-su­per­ligas, as­ook die naas­wen­ners van die drie-aan-‘n-kant­toer­nooi wat Frank­lin Go­li­ath, Do­ne­vin John en Ke­vin Bar­nard in­ge­sluit het.

Go­li­ath het sy be­stuur en spe­lers be­dank vir hul toe­wy­ding, dis­si­pli­ne en har­de werk die af­ge­lo­pe jaar, as­ook hul ga­des vir hul vol­ge­houe on­der­steu­ning.

In­di­vi­du­e­le uit­blin­kers van die jaar:

Frank­lin Go­li­ath en Do­ne­vin John: Dub­bels­kam­pi­oe­ne naas­wen­ners

Do­ne­vin John: En­kel­spel­kam­pi­oen­skap naas­wen­ner, eer­ste plek al­ge­he­le me­rie­te­lys as­ook eer­ste 171 bal­kie-ont­van­ger.

Ri­chard Blaauw: Hoog­ste toer­nooi-tel­ling vir sei­soen (169)

Don­ney R­ho­des: Voor­gee naas­wen­ner F­re­de­rick van Rooy­en: 180 bal­kie­ont­van­ger

Humphrey Hu­man: 180 bal­kie-ont­van­ger

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.