Mp­hahle­le kraai ko­ning

Oudtshoorn Courant - - SPORT - WYNDHAM EWERTS

Ry­an Mp­hahle­le het van­jaar in die mans ope-af­de­ling ko­ning ge­kraai toe hy die eer­ste been van jaar­lik­se E­den Be­st­med straat­myl­reeks in ‘n tyd van 3:56:04 ge­wen het. Sy wen­tyd was die der­de vin­nig­ste ooit in die 10 jaar wat die straat­myl­reeks be­staan. T­hi­ne­ke Cloe­te is die wen­ner van van­jaar se vroue ope-af­de­ling.

Die reeks wat oor die drie be­ne strek, het Maan­dag­og­gend om 09:00 by Klein Plaas va­kan­sie­oord weg­ge­spring en by Ka­roo­p­ot re­stau­rant ge­ein­dig. Vol­gens Hans van der Veen, voor­sit­ter van die K­leinKa­roo at­le­tiek­fonds(KKAF), het by­kans 200 deel­ne­mers van­jaar in­ge­skryf; n re­kord ge­tal vir dié ge­wil­de reeks.

Hy het ty­dens die prys­uit­de­ling ge­sê dat een van die groot dryf­ve­re ag­ter die E­den Be­st­med straat­myl­reeks is om nie net deel­ne­mers fi­sies te ont­wik­kel nie, maar ook as men­se.

In die E­li­te fiets­ry-af­de­ling vir mans het Mars­hall Hen­dricks vir ‘n groot op­skud­ding ge­sorg toe hy ver­le­de jaar se wen­ner, Lou­is Vis­ser ore aan­ge­sit het.

Die voor­ma­li­ge Suid-A­fri­kaan­se o­lim­pie­se lang­af­stand-at­leet, Ela­na Mey­er, het ook van­jaar deel uit­ge­maak van die toe­skou­ers wat die at­le­te op die kant­lyn aan­ge­moe­dig het.

Die twee­de been het Woens­dag plaas­ge­vind by die NMU kam­pus op Ge­or­ge, ge­volg deur die ATKV Har­ten­bos-straat­myl wat van­dag weg­spring. Die ATKV Har­ten­bos­straat­myl sluit ook sport op die strand in.

Die Oudts­hoorn cou­rant sal vol­gen­de jaar in sy eer­ste uit­ga­we (11 Ja­nu­a­rie 2019) ,'n vol­le­di­ge be­rig en fo­to's van al drie E­den Be­st­med straat­myl-reek­se pu­bli­seer.

Ry­an Mp­hahle­le wys hak­ske­ne vir sy teen­stan­ders om sy droom­myl in 3:56:04 te wen.

Fo­to’s: Wyndham Ewerts

Die drie top fie­try­ers van­jaar in die e­li­te-af­de­ling is, van links: Ryn­hardt But­ler (twee­de), Mars­hall Hen­dricks (wen­ner) en Lou­is Vis­ser (der­de).

T­hi­ne­ke Cloe­te het van­jaar die sep­ter in die vroue-ope af­de­ling ge­swaai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.