Ramp­spoe­di­ge Nu­we­jaars­dag

Oudtshoorn Courant - - VOORBLAD - HANNES VISSER

'n Brand wat op Nu­we­jaars­dag bin­ne mi­nu­te twee struk­tu­re en 'n mo­tor ver­teer het, het 'n fa­mi­lie van 12 ha­we­loos ge­laat en 'n aan­gren­sen­de huis erg be­ska­dig. Die brand het om­streeks 16:00 in 'n woon­struk­tuur ag­ter in die erf van K­lip­bok­weg 3, B­ridg­ton uit­ge­breek. Vol­gens Jo­han­nes We­wers en sy vrou Mau­ri­cia was hul­le in die ge­bou toe die huis­ei­e­naar, Wil­lie Co­bus, hul­le waar­sku dat 'n deel van die ge­bou brand.

"Ek en my vrou het uit­ge­hard­loop en toe ons om­kyk was die vlam­me al deur die dak, daar was nie tyd om e­nig­iets te red nie," het We­wers ge­sê. Daar was twee mo­tors in die erf en hul­le kon daar­in slaag om een mo­tor weg te stoot, maar Co­bus se O­pel Astra was reeds in vlam­me ge­hul. Vol­gens We­wers was die brand­weer bin­ne mi­nu­te op die to­neel.

"Ons het net die groot­ste lof vir die brand­weer, ons het skaars ge­bel toe hoor ons reeds die si­re­nes, maar die vuur was net té vin­nig en té groot om te keer."

Die We­wers-eg­paar, hul­le vol­was­se kin­ders en klein­kin­ders (al­te­saam 12 men­se) het al hul­le be­sit­tings in die brand ver­loor. Wil­lie Co­bus en sy vrou se huis is erns­tig be­ska­dig, sy mo­tor is to­taal ver­woes en die in­houd van 'n stoor­ka­mer het ook in die slag ge­bly. Nie een van die twee fa­mi­lies het e­ni­ge ver­se­ke­rings­dek­king nie.

Vol­gens Co­bus en We­wers het men­se reeds kle­re en an­der be­no­dig­he­de ge­skenk en die mu­ni­si­pa­li­teit het ma­te­ri­aal ge­skenk om 'n sink­ge­bou van 2 m x 3 m op te rig. Die ge­bou is té klein om die fa­mi­lie te huis­ves, maar kan ty­de­lik as stoor­plek ge­bruik word.

We­wers sê eg­ter hul­le groot­ste ver­lies is sy ge­reed­skap wat uit­ge­brand het. Hy is 'n stof­feer­der van be­roep en na die brand is daar geen bruik­ba­re ge­reed­skap oor nie. "Ek kan van voor af be­gin, maar el­ke stuk­kie ge­reed­skap en al vyf naai­ma­sjie­ne wat ek en my vrou ge­bruik het om 'n in­kom­ste te ver­dien, is ver­woes."

On­der die ver­lo­re ge­reed­skap was e­lek­trie­se bo­re, naai­ma­sjie­ne, 'n e­lek­trie­se saag, 'n stof­feer­ma­sjien en 'n ver­skei­den­heid hand­ge­reed­skap.

Per­so­ne of in­stan­sies wat die slag­of­fers graag wil help kan in­tus­sen by 044 272 8918 met die Oudts­hoorn Cou­rant in ver­bin­ding tree wat dan die bood­skap­pe sal oor­dra of kon­tak­nom­mers sal ver­skaf.

Fo­to: Hannes Visser

BO: Jo­han­nes We­wers en Mau­ri­cia by die oor­blyf­sels van hul­le ge­reed­skap. In die ag­ter­grond is wat oor­ge­bly het van hul­le woon­plek.

Fo­to: S­te­phan Ros­souw

‘n Lug­fo­to kort na­dat die brand­weer op die to­neel ge­kom het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.