Man voor hof oor krie­wel­ka­lan­te

Oudtshoorn Courant - - NEWS - MARLENE MALAN

’n Jong Oos­ter­ling het Maan­dag

7 Ja­nu­a­rie, in die land­dros­hof op Prins Al­bert ver­skyn op aan­klag van die on­wet­ti­ge be­sit van be­dreig­de spe­sies.

Dit was sy eer­ste ver­sky­ning en hy is nie ge­vra om te pleit nie. Dit kom na­dat hy Vry­dag 4 Ja­nu­a­rie in ’n huis op die dorp waar hy oor­nag het, be­trap is met 21 sker­pi­oe­ne, twee spin­ne­kop­pe en twee oor­krui­pers wat le­wen­dig in plas­tiek­sak­ke en hou­ers in ’n kas ge­vind is. Hy is in heg­te­nis ge­neem om­dat hy geen do­ku­men­te kon ver­skaf om te be­wys dat hy die ei­e­naar is, of waar­om die die­re in sy be­sit is nie. Na ra­ming is die straat­waar­de on­ge­veer R16 000, het kapt. F­re­de­rick van Wyk, pro­vin­si­a­le po­li­sie­woord­voer­der, vroe­ër aan die me­dia ge­sê.

Geen in­lig­ting is nog be­kend oor die man self, waar hy van­daan kom, waar­heen hy op pad was en waar­om hy hom spe­si­fiek op Prins Al­bert be­vind het nie, het die staats­aan­kla­er, Mar­von de Vos, ge­sê.

Land­dros Tom Claas­sen het in En­gels aan die man ge­sê hy het die reg om sy eie pro­ku­reur aan te stel, van regs­hulp ge­bruik te maak of sy eie ver­de­di­ging te be­har­tig. Die man, vol­gens skat­ting in sy twin­tigs, het eg­ter ver­ward voor­ge­kom en kon nie die hof­pro­se­du­re volg nie.

Op Claas­sen se vraag hier­na of hy En­gels óf A­fri­kaans ver­staan, het hy sy kop ont­ken­nend ge­skud. Claas­sen het De Vos ge­vra om die hulp van die staat se tolk­diens­te in te roep. De Vos het ge­sê hy het dit reeds ge­doen, maar die hoof van pro­vin­si­a­le tolk­diens­te is nog met ver­lof.

Claas­sen het die saak tot 14 Ja­nu­a­rie uit­ge­stel om ’n tolk aan te stel en so­dat ’n borg­tog­pro­fiel vir die be­skul­dig­de ge­bou kan word. Die po­li­sie­on­der­soek duur voort en die man bly in aan­hou­ding in die plaas­li­ke ge­van­ge­nis.

Vol­gens ar­ti­kels op die in­ter­net is daar wê­reld­wyd ‘n groot aan­vraag vir ver­al sker­pi­oen­gif en die han­del van sker­pi­oe­ne en gif is ‘n ui­ters wins­ge­wen­de be­sig­heid. Skaars en ui­ters gif­ti­ge sker­pi­oe­ne uit In­dië kan by­voor­beeld vir tot so­veel as R7 000 elk ver­koop word. Daar word ook be­rig dar som­mi­ge sker­pi­oe­ne se gif duur­der per gram kos as goud. Lan­de waar die han­del in sker­pi­oe­ne ui­ters wins­ge­wend be­dryf word is on­der an­de­re C­hi­na, Irak en In­dië.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.