Swart Don­der­dag vir twee fa­mi­lies

Oudtshoorn Courant - - NEWS - HANNES VISSER

Ver­le­de Don­der­dag was ‘n tra­gie­se dag vir Beau­fort-Wes na­dat twee van die dorp se in­wo­ners in twee af­son­der­li­ke bot­sings om­ge­kom het.

In die eer­ste botsing om­streeks 13:30 is An­na Reitz (47) dood toe die Nis­san TIIDA waar­in sy ‘n pas­sa­sier was, reg van voor teen ‘n I­su­zu-bak­kie ge­bots het. Reitz was saam met haar werk­ge­wer, ‘n be­jaar­de vrou van ‘n plaas na­by Beau­fort-Wes, van­af Har­ten­bos op pad te­rug na die va­kan­sie toe die botsing dus­kant die Ro­bin­son­pas plaas­ge­vind het. Vol­gens ‘n oog­ge­tuie wat op die to­neel was, het die Nis­san links van die pad af­ge­ry en on­ge­veer 50 me­ter ver­der skie­lik na regs ge­swenk en die aan­ko­men­de bak­kie reg van voor ge­tref. Die Nis­san het op die sy­kant be­land en ‘n ka­ra­vaan wat deur die bak­kie ge­sleep was, het los­ge­breek en ‘n he­le ent ag­ter­uit ge­rol tot­dat dit teen ‘n rots­wand tot stil­stand ge­kom het. Reitz is op­slag dood en die be­stuur­der is met ver­skeie be­se­rings na die Klein-Ka­roo Me­di­cli­nic ge­neem. Haar seun het Maan­dag be­ves­tig dat sy ge­breek­te rib­bes en ver­skeie kneus­plek­ke op­ge­doen het en steeds in die hos­pi­taal was. Die be­stuur­der van die bak­kie, ‘n boer van Mer­we­vil­le, is nie be­seer nie. Sy vrou en kin­ders was ‘n aan­tal voer­tuie ag­ter hom toe die botsing plaas­ge­vind het. Hul­le was na Har­ten­bos on­der­weg vir die va­kan­sie. Vol­gens hom het hy on­ge­veer 50 km per uur teen die op­draand uit­ge­ry toe die Nis­san oor die pad swenk en sy bak­kie tref.

T­wee­de botsing

Ter­wyl speur­ders en nood­diens­wer­kers op die bot­sings­to­neel by die Ro­bin­son­pas be­sig was, het nog ‘n botsing tus­sen Oudts­hoorn en Ge­or­ge plaas­ge­vind. Agt fa­mi­lie­le­de, waar­on­der ‘n kind, was van­af Ge­or­ge na Beau­fort-Wes on­der­weg toe ‘n ag­ter­band van die Toyo­ta A­van­za waar­in hul­le was, ge­bars het. Die voer­tuig het ge­rol en in die mid­del van die pad tot stil­stand ge­kom. Hon­der­de voer­tuie het vir by­kans ‘n uur aan weers­kan­te van die to­neel op­ge­dam voor­dat die pad vir een­rig­ting­ver­keer oop­ge­stel is. S­legs die be­stuur­der was on­ge­deerd. Twee vrou­li­ke pas­sa­siers is erns­tig be­seer en een van hul­le is per nood­he­li­kop­ter na die Me­di­cli­nic Ge­or­ge ge­neem. Pa­ra­me­di­ci het meer as ‘n uur op die to­neel ge­spook om haar te sta­bi­li­seer voor­dat sy in die he­li­kop­ter ge­laai is. Sy is eg­ter kort na haar aan­koms by die hos­pi­taal oor­le­de. Die oor­le­de­ne was die mo­tor­be­stuur­der se skoon­sus­ter. Hy het Maan­dag te­le­fo­nies ge­sê sy dog­ter is nog in die ho­ë­sorg­een­heid in Ge­or­ge. Sy vrou en ‘n man­li­ke pas­sa­sier was teen Maan­dag ook nog in die hos­pi­taal.

Klag­tes van straf­ba­re man­slag word in al­bei bot­sings on­der­soek.

Fo­to’s: Hannes Visser

Die wrak van die Nis­san TIIDA en die I­su­zu-bak­kie op die bot­sings­to­neel na­by die Ro­bin­son­pas.

Hon­der­de voer­tuie het ver­le­de Don­der­dag weers­kan­te van ‘n bot­sings­to­neel op die Ge­or­ge-pad op­ge­hoop na­dat ‘n Toyo­ta A­van­za ge­rol het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.