100% slaag­sy­fer vir Gim­mies

Oudtshoorn Courant - - SKOOLDAG - VERSLAGSPAN

Die 2018-slaag­sy­fer van sko­le in die E­de­nen Sen­traal Ka­roo-dis­trik het ge­daal van­af 81,7% in 2017 na 81,1% in 2018. Daar is ook s­legs vier sko­le van die 46 sko­le in die dis­trik wat 100% slaag­sy­fer het en Oudts­hoorn se Lan­gen­ho­ven Gim­na­si­um is een van die vier. Dit is die t­wee­de ag­ter­een­vol­gen­de jaar wat Gim­mies met die uit­mun­ten­de pres­ta­sie kan spog.

Die an­der drie sko­le wat ‘n 100% slaag­sy­fer be­haal het was Ho­ër Land­bou­skool Oak­da­le, Sha­lom A­ka­de­mie en Ho­ër­skool Wit­te­drift.

Die verslagspan van die Oudts­hoorn Cou­rant het die sko­le ty­dens die be­kend­ma­king van die pun­te be­soek.

Lan­gen­ho­ven Gim­na­si­um het die bes­te pres­teer van al Oudts­hoorn se sko­le. Hul 109 ma­trieks het al­mal ge­slaag.

Van die 109 ma­trieks het 77% u­ni­ver­si­teits­toe­la­ting ver­dien en die skool se ge­mid­deld is 62,2% met 9 A-kan­di­da­te. Die skool se top tien a­ka­de­mie­se pres­teer­ders is al­mal mei­sies.

Die top drie is An­na-Mart S­chut­te, He­let­te du P­les­sis en Jané Ven­ter.

S­trui­sies het van­jaar t­wee­de bes­te ge­vaar. Ger­rit Ru­dolph, waar­ne­men­de skool­hoof van Ho­ër­skool Oudts­hoorn, het ge­sê S­trui­sies het van­jaar ‘n 96,8% slaag­sy­fer be­haal. 125 leer­ders het die 2018-ma­trie­k­eind­ek­sa­men ge­skryf en 121 leer­ders het dit ge­maak. Ru­dolph is ver­al trots op die 14 A-ge­mid­del­des wat ver­le­de jaar se ma­trieks op­ge­le­wer het, in ver­ge­ly­king met 2017 se se­we A-ge­mid­del­des. Die skool spog ook van­jaar 98 BA-graad stu­den­te in ver­ge­ly­king met ver­le­de jaar se 67. Die skool het ook 135 vak A-sim­bo­le. Die top 3-kan­di­da­te is Car­la Swart (90,43%), Ka­be­lo Mo­tu­ba­se (87%) en JG Ma­rais (86,86%).

Die slaag­sy­fer van die an­der sko­le in die E­den- en Sen­traal Ka­roo-dis­trik is as volg:

Fo­to: Hannes Visser

La­gen­ho­ven Gim­na­si­um se A-kan­di­da­te.

Fo­to: Wynd­ham E­werts

Zoë Roodt­man, Kel­vin El­lis (skool­hoof van BSS) en Am­ber Wit­booi.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.