DKD hou Ker­s­e­te vir se­ni­or bur­gers

Oudtshoorn Courant - - SKOOLDAG - GAR­NETT WI­COMB

Die per­so­neel van Oudts­hoorn Kor­rek­tie­we Diens­te (Me­di­um A en B ge­van­ge­nis) het vir die t­wee­de jaar ‘n heer­li­ke Ker­s­e­te vir se­ni­or bur­gers aan­ge­bied.

“Ons het ver­le­de jaar so­wat 150 be­jaar­des van Dys­sels­dorp op die ma­nier be­derf en dié jaar be­sluit om 200 van Oudts­hoorn, B­ridg­ton, Bon­go­let­hu, Vol­moed en Zee­koe­gat te be­derf,” sê Do­ne­vin le Roux.

“Die per­so­neel het weer hul han­de in die sak­ke ge­steek om die dag moont­lik te maak.”

Ver­voer is ook vir die ge­luk­ki­ges ge­re­ël. Die twee oud­ste se­ni­or bur­gers was Mo­na Wa­ge­naar (93) en Ou­sie Groot­boom (91).

Die In­ma­te-or­kes van die ge­van­ge­nis het vir die mu­siek ge­sorg.

Die bur­ge­mees­ter van Oudts­hoorn, Co­lan Syl­ves­ter, het ook die ge­leent­heid by­ge­woon en die per­so­neel van kor­rek­tie­we diens­te ge­loof vir die won­der­li­ke i­ni­si­a­tief.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.