Wi­comb en Van Col­ler be­hou E­den-ten­nis­ti­tels

Oudtshoorn Courant - - CLASSIFIEDS - GAR­NETT WI­COMB

Wes­bank-ten­nis­klub se spe­lers het hul klub se naam weer hoog ge­hou by die 2018 E­den Ope Se­ni­ors Ten­nis­toer­nooi wat van­af 17 tot 21 De­sem­ber 2018 in Ge­or­ge plaas­ge­vind het. Die toer­nooi het al­te­saam 147 spe­lers ge­lok.

Gar­nett Wi­comb en Chris­ti­ne van Col­ler het hul E­de­nen­kel­spel­ti­tels be­hou, ter­wyl Van Col­ler en Ri­da Be­ster ook hul dub­bel­spel­ti­tel suk­ses­vol ver­de­dig het.

El­ma­rie La­te­gan het tot die eind­stryd in die 70+ en­kel­spel ge­vor­der en saam met El­sa­bie Fer­rei­ra van Gau­teng die dub­bel­spel ge­wen.

Han­lé Cron­jé het der­de ge­ëin­dig in die 65+ en­kel­spel.

Wi­comb het ook ‘n t­wee­de ti­tel in­ge­palm het toe hy saam met Rus­ty C­le­ment van die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie die 70+ mans­dub­bels ge­wen het.

Van Col­ler het die 50+ en­kel­spel­ti­tel ge­wen toe sy An­ne Da­vies van Gau­teng in die eind­stryd met 6-3, 6-3 ge­klop het.

Sy en Be­ster het hul dub­bel­spel­ti­tel be­hou deur al hul wed­stry­de te wen.

Wi­comb het Rus­ty C­le­ment in die eind­stryd om die 75+ en­kel­spel met 7-5, 6-4 ge­klop na­dat hy in die eer­ste stel met 2-5 ag­ter was.

Hy en C­le­ment het ook die 70+ dub­bel­spel na ‘n taai eind­stryd teen Bob T­ho­mas en Mi­ke Sa­ge van die WP ge­wen.

Die tel­ling was 6-4, 2-6, 7-6 (8-6).

Fo­to’s Gar­nett Wi­comb

Van links is Ri­da Be­ster, Han­le Cron­jê en Chris­ti­ne van Col­ler.

Fo­to ver­skaf

Rus­ty C­le­ment (links) en Gar­nett Wi­comb.

El­ma­rie La­te­gan

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.