Mp­hahle­le oor­heers

Oudtshoorn Courant - - SPORT -

Die 20-ja­ri­ge Ry­an Mp­hahle­le (Tem­bi­sa) was on­ge­twy­feld die ster van die 2018 E­den Bestmed-S­traat­myl­reeks. Al het hy sy der­de straat­myl in vyf dae met ‘n skra­le 1,88 se­kon­des mis­ge­loop, en so ook ‘n kon­tant bo­nus­be­drag van R5 000, het hy sy stem­pel in dié reeks be­hoor­lik af­ge­dwing. Mp­hahle­le is ook ge­kroon as die Bestmed Ko­v­sies se Gran P­rix wen­ner, ter­wyl T­hi­ne­ke Cloe­te (S­tel­len­bosch) in die vrou­e­af­de­ling met die lou­e­re weg­ge­stap het.

Lloyd Bos­man (Ned­bank) en El­né Con­ra­die (Har­ten­bos Draw­wers) was on­der­skei­de­lik as die SWD Gran P­rix­wen­ners ge­kroon.

Vol­gens Hans van der Veen, voor­sit­ter van die Klein Ka­roo At­le­tiek­fonds (KKAF), het ver­le­de jaar se reeks ‘n groei per­sen­ta­sie van 20% ge­toon, en was die eer­ste vier mans en eer­ste drie vrou­e­at­le­te se wen­tyd van 2018 boon­op be­ter as die wen­ners van 2017. Wi­kus Kot­zé, di­rek­teur van die E­den Bestmed-s­traat­myl­reeks, het in sy be­dan­kings­re­de die re­ë­lings­ko­mi­tee vir hul pro­fes­si­o­ne­le re­ë­lings ge­loof. Da­ve van der Walt, o­pe­ra­si­o­ne­le be­stuur­der van die KKAF, het ook die bor­ge be­dank wat die reeks moont­lik ge­maak het.

Die bor­ge het Group E­di­tors, Oudts­hoorn Ford, Ko­v­sies, WesKaap de­part­ment van kul­tuur­sa­ke en sport, ASWD, KKI, Bestmed ,Nel­son Man­de­la Ma­di­baz Sport en EDENfm in­ge­sluit.

EDENfm was ook ver­ant­woor­de­lik dat dié drie 2018 straat­myl­reek­se le­wen­dig uit­ge­saai kon word. In die pro­ses het dié reeks by­kans 250 000 plaas­li­ke luis­te­raars be­reik. Van der Walt het ook die ge­sin­chro­ni­seer­de sa­me­wer­king met die ver­skil­len­de ver­keers­de­par­te­men­te ge­loof, en ver­al ER24-nood­diens­te uit­ge­son­der vir die uit­ste­ken­de me­die­se diens wat hul­le by al drie straat­myl­reek­se ge­le­wer het.

Fo­to: Wynd­ham E­werts

Ry­an Mp­hahle­le

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.