Oudtshoorn Courant

Nuwe Afrikaanse skool vir PA

- MARLENE MALAN

Prins Albert het verlede Woensdag, op die eerste skooldag van die jaar, ’n nuwe skool ryker geword.

Christen Akademie is ’n privaatsko­ol met Afrikaans as voer- en onderrigta­al. Die skool is by die Wes-Kaapse Onderwysde­partement geregistre­er. Die dorp het reeds ’n Engelse privaatsko­ol, Albert College en twee staatskole, Hoërskool Zwartberg en Prins Albert Primêr.

Drie onderwyser­s en meer as twintig leerders het Woensdag ingeval en nog aansoeke om toelating is ontvang, het die skoolhoof, Lenor Snyman, gesê. Sy is ook die klasonderw­yser van die senior klasse (graad 4 tot 8). Die ander onderwyser­s is Bianca Luttig (graad 1 tot 3) en Lydia Marais (graad RR en R).

’n Groot groep Prins Alberters het die openingsge­leentheid bygewoon. Jan-Chris Marais, voorsitter van die stigtingsk­omitee, het gesê ’n vaste beheerligg­aam word ná die einde van die eerste kwartaal gekies, sodra ouers na vore kom om op dié liggaam te dien.

Marais het die bestuur van die Prins Albert-landbousko­u bedank omdat dié liggaam die SPS Luttig-saal op die perseel vir die vestiging van die skool beskikbaar gestel het. Tydelike klaskamers is binne die saal gebou en ’n omheinde speelterre­in is buite aangelê. Daar is ook reeds op skooldrag besluit.

Die vorige hoof van Hoërskool Zwartberg, Kobus Snyman van Merweville, het ’n lint geknip om die skool oop te verklaar. Hy is die eggenoot van Lenor Snyman en was jare gelede die skoolhoof van verskeie van die ouers van die hoërskool, onder andere Marais.

Dr Gerdrie van der Merwe, bekende kerkhistor­ikus en aflospredi­kant by die NG kerk Prins Albert, het gesê alle goeie idees begin klein. “Jy begin êrens, jy gee die eerste treë. Dié skool maak vanoggend geskiedeni­s en dit gaan groei. Dit gaan die grondslag wees van leiers, van mense wat ’n verskil in die samelewing gaan maak.”

 ?? Foto: Marlene Malan ?? Die onderwyser­s van die nuwe privaatsko­ol, (agter, van links) Bianca Luttig, Lenor Snyman (hoof) en Lydia Marais, en ‘n paar van die leerders in een van die klaskamers.
Foto: Marlene Malan Die onderwyser­s van die nuwe privaatsko­ol, (agter, van links) Bianca Luttig, Lenor Snyman (hoof) en Lydia Marais, en ‘n paar van die leerders in een van die klaskamers.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa