Oudtshoorn Courant

Munisipali­tiet vereer topleerder­s van 2018

- WYNDHAM EWERTS

Die Oudtshoorn-munisipali­teit het Woensdag by Brian’s Grill die topleerder­s van 2018 se matrieks met sertifikat­e vereer vir hul prestasies. Leerders van onder meer Hoërskool De Rust, Dysselsdor­p Sekondêr, Bridgton Sekondêr, Aurial Kollege, Oudtshoorn Vaardighei­dskool en Fezekile Sekondêr het die geleenthei­d bygewoon.

Volgens Colan Sylvester, uitvoerend­e burgemeest­er van Oudtshoorn, is hierdie gebaar die munisipali­teit se beskeie manier om aan dié matrikulan­te erkenning te gee vir hul harde werk.

In sy toespraak het hy ook verwys na die kritieke rol wat die ouers, onderwyser­s en die departemen­t van onderwys gespeel het in hul sukses.

“Hulle is voorwaar die onbesonge helde wat agter die skerms die leerders gemotiveer het om hul allerbeste binne hul vermoëns te lewer.

Sylvester het klem daarop gelê dat alhoewel die leerders nou hul skoolloopb­aan voltooi het, dit nie beteken dat hulle nou op hul louere moet rus nie.

“Ek wil graag ’n beroep op die leerders doen om ‘n gebalansee­rde lewe te lei.”

“Die onus berus van nou af op julleself om verantwoor­delikheid te neem vir jou eie sukses,” het hy gesê.

 ??  ??
 ?? Foto: Wyndham Ewerts ?? Trotse ouers, onderwyser­s en munisipale amptenare saam met die topleerder­s van 2018.
Foto: Wyndham Ewerts Trotse ouers, onderwyser­s en munisipale amptenare saam met die topleerder­s van 2018.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa