Oudtshoorn Courant

Selfoonroo­fsaak uitgestel

- GARNETT WICOMB

Uitspraak in die saak teen twee mans van Bridgton wat glo twee vriende van hul selfone beroof het, is Vrydag in die Oudtshoorn-streekhof uitgestel omdat die landdros meer inligting ten opsigte van een van die beskuldigd­es wil bekom.

Hogan Pêrel en Burswell Stanley word daarvan aangekla dat hulle die oggend van 20 Augustus 2017 vir Marcello Prins en Nigel Jaftha van drie selfone beroof het.

Albei pleit onskuldig en beweer dat hulle nie van so ‘n voorval bewus is nie.

Volgens Prins was hy en Jaftha omstreeks 04:00 van ‘n taverne in Bongolethu onderweg huis toe, toe hulle deur die twee beskuldigd­es en nog ’n verdagte, wat nie voor die hof gebring is nie, beroof is. Hulle is met ‘n skêr en ‘n mes gedreig.

Die staatsaank­laer Willem Vister, het vir skuldigbev­inding gevra omdat Pêrel en Stanley aan die klaers bekend is en maklik geïdentifi­seer kon word. Die straatligt­e het gebrand en hul gesigte was nie bedek nie.

Die derde verdagte se gesig was met ‘n doek bedek.

Die beskuldigd­es se regsvertee­nwoordiger, Wenzel Botha, het vir hul vryspraak gevra omdat dit onwaarskyn­lik is dat mense onder ‘n lig iemand sal probeer beroof.

Streekland­dros Ntsoki Moni het uitspraak Vrydag tot 22

Julie uitgestel omdat sy meer besonderhe­de van Pêrel wil bekom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa