Oudtshoorn Courant

’n Lewe vir ’n sigaret

- Deon Meyer

'n Woordewiss­eling oor ’n sigaret tussen twee broers van Ladismith het die een broer sy lewe gekos. Reduaan Reshaad Afrikaner (33) is op Sondag 3 Mei op die toneel in Nissenvill­e, Ladismith, dood toe hy met 'n sekel in die nek gesteek is. Volgens inwoners het die twee mans oor 'n sigaret gestry toe die jonger broer vir Afrikaner met 'n sekel gesteek het.

"Binne oomblikke was die hele straat vol nuuskierig­es. Trane het gevloei omdat dit nie die bedoeling was om Waanie te steek nie, maar net om hom skrik te maak,” het ‘n familieken­nis vertel.

Afrikaner was voorheen ‘n student aan die Universite­it van Wes-Kaapland, maar moes as gevolg van persoonlik­e omstandigh­ede sy studies staak. Kapt. Malcolm Pojie, SuidKaapse-polisiewoo­rdvoerder, het by navraag gesê: “‘n Moorddossi­er is geopen. Die oorledene en die verdagte het ‘n argument gehad waarop die verdagte die oorledene in die nek gesteek het.

“Die ambulans is ontbied, maar die oorledene het beswyk voor hy na die hospitaal geneem kon word. Die 27-jarige verdagte is gearrestee­r en sal op aanklag van moord in die hof verskyn.”

Met ter perse gaan was die verdagte nog nie in die hof nie en is op 'n waarskuwin­g vrygelaat tot en met die hofverskyn­ing. Kaptein Henry Edwards, hoof van sigbare polisiërin­g op Ladismith het 'n beroep op inwoners gedoen om "asseblief verdraagsa­am te wees in hierdie tyd van inperking.”

 ?? Foto: Deon Meyer ?? ‘n Deel van Nissenvill­e-woonbuurt waar die moord plaasgevin­d het,
Foto: Deon Meyer ‘n Deel van Nissenvill­e-woonbuurt waar die moord plaasgevin­d het,

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa