Oudtshoorn Courant

Dr Bean veels te skielik weg

-

Nie net Mosselbaai nie, maar ook gemeenskap­pe in die Suid-Kaap en KleinKaroo het die afgelope naweek met skok verneem van dr. Paul Rüschenbau­m se skielike dood. Rüschenbau­m (54), sedert April 2016 hoof van die Mosselbaai­provinsial­e hospitaal en aan die stuur van sake by primêre gesondheid­sorg in die distrik, is op Vrydag 15 Mei na ‘n kort siekbed in die Life Bay View privaat hospitaal oorlede. Volgens sy vrou, Helmie, is kanker sowat vyf jaar gelede by hom gediagnose­er. Die Rüschenbau­ms het vandeeswee­k hulle herinnerin­ge aan ‘n besonderse pa en eggenoot in ‘n reeks stemnotas met Mossel Bay Advertiser gedeel.

Hartsake

Paul Rüschenbau­m is in die Strand gebore en matrikulee­r aan die Hottentots Holland Hoërskool, waar hy hoofseun en ook ‘n kranige rugbyspele­r was. Hy swot medies aan die Universite­it Stellenbos­ch, waar hy ook nagraads sy bestuursgr­aad verwerf. Tydens sy studenteja­re ontmoet hy vir Helmie, ook ‘n mediese dokter.

Primêre gesondheid­sorg was vir hom van kardinale belang. Met ‘n hart vir sosiale geregtighe­id, soos sy dogter Heidi-Lee beskryf, was sy missie om veral deur klinieke, gesondheid­sdienste na mense in die verste uithoeke te neem. “Hy wou almal bereik,” sê Helmie.

Die gesin is dit eens dat hy besonder trots op sy personeel was, asook die protokol in sy hospitaal. “Hy was baie lojaal teenoor die staatsdien­s en ook die departemen­t van gesondheid.”

Bouprojekt­e en infrastruk­tuur het hom na aan die hart gelê. “Hy wou hê dat die beeld van die hospitaal goed moet vertoon en dat dit nie sommer nes ‘n staatshosp­itaal moes lyk nie,” vertel sy seun, Jon-Paul. Hulle het Mosselbaai se lanings platgery om na die verfkleure van huise te kyk en gewonder hoe dit op hospitaalm­ure sou lyk.

Een van die groot hoogtepunt­e vir hom, was die konstruksi­e en voltooiing van die Asla-kliniek. So ook die Adderley-kliniek op Oudtshoorn. Maar die Asla-kliniek was vir hom só ‘n saak van erns, dat hy gereeld die bouperseel gaan inspekteer het in ‘n paar skoene wat hy ewe ingenome vir R50 by die hospitaal se fondsinsam­eling gekoop het. “Hy was so trots op die gebou. Elke keer as ons met Louis Fourieweg in die rigting van die N2 ry, moes almal eers regs na die kliniek kyk,” onthou Heidi-Lee.

Blomme was sy ding

“Die hospitaalt­uin was sy baba. Die uitleg, netheid, selfs die kleur van die blomme was vir hom belangrik.” Voorheen hospitaalh­oof op Oudtshoorn, het hy daar ook gereeld gaan kyk of die hospitaalt­uin die droogte oorleef.

Helmi sê Paul se liefdestaa­l was blomme. “Hy was ‘n man vir wie jy kon blomme gee. En net so graag het hy blomme gegee. Blomme was sy ding.”

Sy ander groot gunsteling was roomys. “Gedurende die inperking, het ons elke dag roomys geëet. Hy het verlede Donderdag sy laaste roomys in Bay View gehad. Hy het gevra dat ek asseblief vir hom roomys moet bring.”

Sy beskryf haar man as ‘n seemens wat ‘n versugting gehad het om af te tree by die see. Hy het soggens oor die hawe uitgekyk as watersport­entoesias wat tot onlangs nog waterski beoefen het.

Dr Bean

Jon-Paul sê sy pa was ‘n ware Patch Adams.

“Hy het homself met die karakter in die film vereenselw­ig, omdat hy geglo het dat medisyne nie net klinies en wetenskapl­ik van aard is nie. My pa het ‘n flair vir komedie gehad en kon mense laat lag.” Paul het ook ‘n alter ego gehad soortgelyk aan die Britse komediant, Mr Bean. “Hy het homself Dr Bean genoem.”

As gesinsman, onthou sy kinders hom as ‘n maat. Ten spyte van ‘n besige skedule met twee praktisere­nde dokters in een huis, is ‘n groot premie op gesinstyd geplaas. “Dit het gevoel of hy een van ons was.” Heidi-Lee vertel hoe hy selfs op haar speelgoedh­oendertjie se gebreekte been ‘n “operasie” uitgevoer het om dit heel te maak.

Dr. Paul laat sy vrou Helmie, twee seuns, Jon-Paul en Stephan-Luke asook sy dogter, Heidi-Lee en haar man, Henry agter.

Sy roudiens vind Saterdag 23 Mei om 11:00 vanuit New Life Church in Heiderand plaas.

“Vanweë die inperkings­regulasies, kan ons net 50 mense daar hê. Dit sluit amper slegs familie in.” Die gesin is dit egter eens dat dit nie is hoe Paul dit sou wou gehad het nie, daarom kan belangstel­lendes die diens regstreeks volg op New Life Church se Facebook-blad.

Stephan-Luke was nie teenwoordi­g tydens die opneem van die gesin se stemnotas nie.

 ??  ?? Dr. Rüschenbau­m (54), sedert April 2016 hoof van die Mosselbaai-provinsial­e hospitaal en aan die stuur van sake by primêre gesondheid­sorg in die distrik, was ook bekend as Dr Bean en het ‘n flair vir komedie gehad.
Dr. Rüschenbau­m (54), sedert April 2016 hoof van die Mosselbaai-provinsial­e hospitaal en aan die stuur van sake by primêre gesondheid­sorg in die distrik, was ook bekend as Dr Bean en het ‘n flair vir komedie gehad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa