Oudtshoorn Courant

Klein-Karoo het tans 6 Covid-19-gevalle

- Deon Meyer

Die Klein-Karoo het tans ses Covid19-gevalle. Die vyfde een in Oudtshoorn is Dinsdag aangemeld en die eerste een in Ladismith is die naweek aangemeld. Die geval in Kannaland is bevestig in 'n skrywe van die departemen­t van gesondheid in Kannaland en is ook opgeneem in die statistiek wat Maandag 18 Mei deur die premier van die Wes-Kaap, Alan Winde, uitgereik is. Volgens die skrywe van die gesondheid­sdeparteme­nt in Kannaland is die persoon tans in isolasie en persone met wie hy in kontak was, word gekontak om ook getoets te word. Dit blyk dat die persoon deel was van 'n taxigroep wat ook tans in kwarantyn is. Die departemen­t van gesondheid doen 'n dringende beroep op inwoners van dorpe in Kannaland om streng by die reëls van die nasionale inperking te hou om hulle sodoende te beskerm teen moontlike blootstell­ing. In die skrywe word verpleegpe­rsoneel die versekerin­g gegee dat daar voorsienin­g gemaak is vir plekke van kwarantyn en isolasie.

Volgens Stef Petersen , verkeersho­of van Kannaland, word toegangsro­etes tot Kannaland reeds die afgelope 50 dae beman as deel van voorkoming­smaatreëls teen Covid-19.

Drie van Oudtshoorn se vyf gevalle het reeds herstel wat beteken daar is tans twee aktiewe gevalle in die dorp.

 ?? Foto: Deon Meyer ?? Die Alan Blyth-hospitaal op Ladismith is een van die provinsial­e hospitale wat slaggereed is om die Covid-19-pandemie te hanteer.
Foto: Deon Meyer Die Alan Blyth-hospitaal op Ladismith is een van die provinsial­e hospitale wat slaggereed is om die Covid-19-pandemie te hanteer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa