Oudtshoorn Courant

Amptenaar sterf aan Covid-19

-

‘n Tweede personeell­id van die Oudtshoorn­munisipali­teit het sy lewe weens Covid-19 verloor.

Donovan le Roux (47), ‘n wetstoepas­ser van die munisipali­teit is Saterdag in die George-hospitaal oorlede.

Le Roux het in Februarie 2013 by die munisipali­teit begin werk.

Patrick Jordaan, hoof van die verkeersde­partement en wetstoepas­sers, het in ‘n verklaring gesê Le Roux is op 25 Augustus in die George-hospitaal opgeneem na hy gesê het dat hy nie lekker voel nie. “Sy dood is ‘n geweldige verlies vir die munisipali­teit en die wetstoepas­sers. Ons het ‘n betroubare, eerlike persoon met ‘n fantasties­e karakter verloor. Hy was ‘n ywerige werker en sy kollegas het sy beskeie persoonlik­heid bewonder.” Chris MacPherson, uitvoerend­e burgemeest­er van die munisipali­teit het Le Roux se vrou, Nicolene, en die kinders sterkte toegewens. Sy begrafnis is Saterdag 11:00 by sy huis.

 ??  ?? Donovan le Roux (47)
Donovan le Roux (47)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa